Nuutste Nuus

VF Plus voer gesprek met burgemeester en sakelui na Hekpoort-onluste

2018-12-01
Die Redaksie

Die VF Plus het ‘n gesprek tussen die burgemeester van die Mogale City-stadsraad in Gauteng en ‘n afvaardiging van sakelui gefasiliteer ná die verlies aan inkomste en skade aan infrastruktuur wat deur oproer op Hekpoort veroorsaak is.

Die sakelui het die burgemeester, Patrik... Lees verder


VF Plus-leier by VN oor ANC-poging om die Afrikaner te ontwortel

2018-11-30
Die Redaksie

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, was die afgelope week in Genève, Switserland, waar hy die Menseregteraad van die Verenigde Nasies (VN) se Forum oor Minderheidsaangeleenthede ingelig het oor vergrype van die ANC-regering, en in die besonder die vernietigende potensiaal van... Lees verder


ANC het die vuur gestook van Eskom-fiasko wat land se ligte doof

2018-11-30
Die Redaksie

"Die goeie werk van die parlement se portefeuljekomitee oor staatskaping by Eskom is ʼn flonkering van lig in die andersins donker prentjie wat geskets word van omvangryke bedrog en korrupsie by die nasionale kragvoorsiener waarvan die ANC-regering op hoogste vlak betrokke was," sê Wuter... Lees verder


ANC-regering laat vroue in die steek

2018-11-30
Die Redaksie

"Met die ANC-regering aan bewind het Suid-Afrika eintlik 365 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders nodig, en nie net sestien dae soos tans nie," het Wouter Wessels, VF Plus-LP Donderdag gesê.

Wessels sê vroue word onder meer gefaal deur die land se polisie- en regstelsel... Lees verder


Tshwane-metro moet die Afrikaner se erfenis bewaar

2018-11-30
Die Redaksie

Die VF Plus-jeug doen ‘n beroep op die Tshwane-metro asook die provinsiale departement van kuns en kultuur om die vier forte in Pretoria wat uit die Anglo-Boereoorlog-tydperk dateer, te restoureer en teen vandalisme te beskerm.

Jean Kriek, VF Plus-Jeugleier in gauteng sê twee van die... Lees verder


Vrede Suiwel: NVG se besluit skep indruk van politieke beskerming en inmenging

2018-11-29
Die Redaksie

"Die besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om klagte teen alle beskuldigdes van die Vrede-suiwelsage te laat vaar, skep die indruk dat daar politieke inmenging en beskerming in die ondersoek bestaan," sê Tammy Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaat.

Die VF Plus vind die verskoning... Lees verder


Geld vir armes moet SAL weer red

2018-11-29
Die Redaksie

"Die jongste reddingspoging van die SAL is nie die eerste nie en sal gewis nie die laaste wees op die rekening van die belastingbetaler en die armes van die land nie," sê Wouter Wessels, VF Plis-LP.

"Ironies genoeg moes die geld wat nou weer bestee word om die SAL van ondergang te red, juis... Lees verder


Sanral erken sy meetinstrumente voldoen steeds nie aan wetlike standaarde nie

2018-11-28
Die Redaksie

Meer as drie jaar nadat die VF Plus Sanral die eerste keer aangevat het oor sy etol-meetinstrumente wat nie gesertifiseer is soos vereis word deur die wet  (Regsmetrologiewet 9 van 2014) nie, het die VF Plus vandag bevestiging gekry dat dit steeds nie gedoen is nie.

ʼn Verteenwoordiger van die ... Lees verder


VF Plus verheug oor oorwinning vir diere se welsyn

2018-11-28
Die Redaksie

ʼn Pleidooi van die VF Plus voor die parlement se portefeuljekomitee vir handel en nywerheid oor die welsyn van diere in Suid-Afrika, het vrugte afgewerp en goeie nuus kort voor die feesseisoen gebring dat geldelike hulp aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) nie sonder meer opgeskort is nie.

Die ... Lees verder


ANC het mooi droom van Nasionale Ontwikkelingsplan in nagmerrie verander

2018-11-28
Die Redaksie

"Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) word in die algemeen aanvaar as ‘n sinvolle plan wat - indien dit korrek uitgevoer word - Suid-Afrika vorentoe kan neem. Die realiteit is egter dat die ekonomie krimp, morele verval hoogty vier en misdaad buite beheer is," sê adv Anton Alberts, VF... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 77 78 »