Zondo moet streng optree teen Zuma: Hy is nie verhewe bo die reg

2020-11-19
Die Redaksie

"Adjunk-hoofregter Raymond Zondo moet streng optree teen oud-president Jacob Zuma wat vandag ‘n sitting van die Zondo-kommissie sonder toestemming verlaat het," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Zuma is nie verhewe bo die reg nie, en het geen reg om minagtend op te tree teenoor die kommissie omdat hy nie tevrede is met regter Zondo se beslissing dat hy hom nie as voorsitter van die kommissie gaan onttrek nie.

 

"‘n Sterk boodskap moet sodoende ook gestuur word aan diegene wat nog moet kom getuig voor die kommissie, dat korrupsie nie geduld sal word nie."

 

"Enigiemand wat daarom gedagvaar word om voor die kommissie te verskyn, moet dit doen, anders stel hulle hulself bloot aan vervolging.

"Daarom sal daar streng opgetree moet word teen Zuma en ander wat nie wil getuig nie.

"Zuma het nog altyd gesê hy wil graag “sy dag in die hof hê” om sy onskuld te bewys. Nou is hy nie eens bereid om voor ‘n geregtelike kommissie te verskyn nie," sê Groenewald.

DrPieterGroenewaldZondoJacobZuma

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!