VF Plus verwelkom appèlhof-uitspraak oor Zuma

2017-10-13
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus verwelkom die appèlhof se uitspraak dat pres. Jacob Zuma tereg moet staan op klagtes van beweerde bedrog, geldwassery en afpersing en beskou dit as ʼn oorwinning vir geregtigheid, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê die uitspraak is baie tegnies van aard, maar was te wagte gesien in die lig van die feit dat die president se eie regspan voorheen toegegee het dat die aanvanklike beslissing van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om nie te vervolg nie, “irrasioneel” was.

“Die vraag is nou of die president met die nuwe vervolging ʼn kans gegun gaan word om redes aan te voer en vertoë te rig aan die NVG oor waarom hy nie vervolg moet word nie.

“Die VF Plus sal wil sien dat die president en die NVG die beslissing van die appèlhof eerbiedig en uitvoer en nie belastinggeld verder vermors in ʼn poging om hulle na die grondwethof te wend nie,” sê dr. Groenewald.


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!