VF Plus versoek minister om restaurant-regulasies rasioneel toe te pas

2020-06-29
Die Redaksie

"Die VF Plus versoek die minister vir handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, om die pas uitgereikte regulasies vir die heropening van restaurante in Suid-Afrika rasioneel aan te pas om voorsiening te maak vir die bedien van alkoholbevattende drankies tydens aansit-etes," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van handel, nywerheid en mededinging.

"Dit maak geen sin om wegneem-verkope van alkohol van Maandae tot Donderdae by restaurante toe te laat, maar die bediening daarvan saam met aansit-etes te verbied nie.

"Die inperkingsregulasies tydens Vlak 5, 4 en 3 het die restaurant-en gasvryheidsbedryf ‘n gevoelige slag toegedien wat tot groot werkverliese gelei het. Heropening van gelisensieerde restaurante met ‘n verbod op die verkoop van alkoholbevattende drankies gaan lei tot die permanente sluiting van meer restaurante en tot verdere werkverlies.

"Die VF Plus sal druk bly toepas op die minister om inperkingsmaatreëls rasioneel te wysig en selfs in geheel op te skort," sê Mulder.

JacoMulderHandelEnNywerheidRegulasiesmededinging#Restaurante

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!