VF Plus versoek Gautengse LUR vir samewerkende regering om administrateur van Tshwane-metro te skors

2020-04-24
Die Redaksie

"Die VF Plus versoek die LUR vir samewerkende regering (Cogta) in Gauteng, mnr. Lebogang Maile, om die hoofadministrateur van die Tshwane-metro, mnr. Mpho Nawa, onmiddellik uit sy amp te verwyder weens sy beweerde oortreding van die inperkingsregulasies," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en provinsiale leier in Gauteng.

"Nawa het dié week, in stryd met die inperkingsregulasies, ‘n openbare vergadering van sogenaamde “veterane en oudstes” (Struggle Veterans and Elders Stakeholder Engagement” ) ageadverteer en dit glo op 23 April 2020 (Donderdag) aangebied terwyl die regulasies uitdruklik ‘n munisipaliteit verbied om enige vergaderings, insluitende konsultasie-prosesse tydens die 21 dae inperkingstyd of die verlenging daarvan, te hou.

 

"Die premier van Gauteng het die Tshwane-metro op 5 Maart 2020 onder administrasie geplaas en later vir Nawa as administrateur van die metro aangestel nadat EFF- en ANC-raadslede herhaaldelik die raadsvergaderings van die veelparty-koalisie waarvan die VF Plus deel is, ontwrig het en werksaamhede verhinder het."

 

"Hierdie stap deur die ANC se premier na ontwrigtende optrede van ANC-raadslede kom neer op die minagting van die Suid Afrikaanse Grondwet en is niks anders nie as ‘n poging om op onwettige wyse beheer te kry van die metro wat die ANC in 2016 verloor het

"Intussen word die uitspraak van Pretoria se hooggeregshof ingewag na ‘n dringende aansoek van die DA in Maart 2020 om die administrasiebevel in dié metro teen te staan

"Die VF Plus gaan ‘n klag teen administrateur Nawa indien en beide die premier en LUR verantwoordbaar hou om hul oorsigrol te vervul," sê Mulder.

JacoMulderGautengTshwane-metroraad

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!