VF Plus trots op Limpopo-matrieks en wens hulle sterkte toe met die toekoms

2023-01-23
Marcelle Maritz

Die VF Plus wens hiermee Limpopo se matriekklas van 2022 geluk met die slaagsyfer van 72,1% en wens hulle sterkte toe met die toekoms wat voorlê.

Ná lang ure agter die boeke is die matrieks se harde werk nou beloon.

Die provinsie se slaagsyfer het sedert 2021 met 5,3% gegroei.

In 2021 het die provinsie 66,7% behaal. Vorige jare se slaagsyfers lyk so:
2018 – 69,4%
2019 – 73,2%
2020 – 68,2%

Limpopo se uitslae het ná KwaZulu-Natal die beste verbeter.

Die VF Plus wil veral vir Zoë Burman, wat aan die Stanford Lake College gematrikuleer het, gelukwens met haar uitsonderlike pretasie wat haar ʼn plek op die gesogte Onafhanklike Eksamenraad se lys (IEB-lys) vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen besorg het.

Zoë het altesaam nege onderskeidings behaal en het onder meer 100% vir Wiskunde gekry. Hierdie prestasie het haar onder die matrieks van 2022 se top 1% in die land geplaas vir Wiskunde, Engels Huistaal, Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskap.

Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys (BCVO) se skole het landswyd 100% behaal en die uitvoerende hoof, me. Lucia van Wyk, het persoonlik die matrieks van die CVO-skool Potgietersrus se uitslae oorhandig.

Jolanie Nel het sewe onderskeidings behaal wat haar onder 5% van alle IEB-kandidate landswyd plaas. Sy is met Verbruikerstudie en Lewenswetenskap ook onder die beste 1% van alle IEB-kandidate landswyd.

Hierdie is voorwaar prestasies om op trots te wees.

Die VF Plus moedig ook die matriekleerders wat nie suksesvol was nie aan om weer te probeer. Alhoewel matriek nie alles is nie, is dit die grondslag waarop verdere studie gebou word.

Die VF Plus sien uit daarna om te sien wat Limpopo se 2022-matriekklas in die toekoms gaan bereik.

MarcelleMaritz#Limpopo-matrieks

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!