Onder ANC moet Suid-Afrika op 1 Mei eerder oor werkloosheid besin

2019-05-01
Die Redaksie

Onder ʼn ANC-regering het ekonomiese agteruitgang in Suid-Afrika egter só toegeneem dat daar eerder besin moet word oor werkloosheid in die land en die naam kan meer gepas Werkloosheidsdag genoem word.

Werkersdag word vandag wêreldwyd gevier. 

"Volgens Statistieke Suid-Afrika het werkloosheid in die land ten die einde van die laaste kwartaal in 2018 op 27,35% gestaan. Byna ʼn derde van alle mense wat in die ekonomies aktiewe groep val, sit sonder werk," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Dit is nie moontlik om werk deur wetgewing te skep nie"

 

Dit is boonop volgens die eng definisie van werkloosheid wat mense uitsluit wat reeds moed opgegee het om werk te kry.  Met hulle ingesluit, is die werkloosheidsyfer nader aan 38%.

Statistiek wat dui op die ouderdomsgroepe wat werkloos is, is terselfdertyd ʼn aanduiding hoe vinnig werkloosheid in die land toeneem. Verreweg die meeste werkloses is in die ouderdomsgroep 16 tot 24 (54,7%), daarna 25 tot 34 (33%). In die ouderdomsgroep 35 tot 44 is dit 22%, van 45 tot 54 (15%) en van 55 tot 64 is dit 10%.

Groenewald sê werkskepping sal net plaasvind as regeringsbeleid verander om ʼn gunstige omgewing vir beleggers te skep om die ekonomie te laat groei. Sonder ekonomiese groei kan daar nie werk geskep word nie.

"Onbuigsame arbeidswetgewing is een van die grootste hindernisse in die pad van ekonomiese groei en werkskepping in die land. Nie net is dit moeilik om onbekwame werkmense uit diens te stel nie, dit is ook ʼn voortdurende stryd om aan transformasieteikens te voldoen.

"Dit is nie moontlik om werk deur wetgewing te skep nie.  Wetgewing wat dit ten doel het om werkloosheid te beperk, sal lei tot verdere oorregulering wat ongunstig is vir volhoubare werkskepping.

"Die vraag kan ook gevra word of ʼn land soos Suid-Afrika, wat elke werkuur nodig het om sy sukkelende ekonomie aan die beweeg te hou, soveel openbare vakansiedae kan bekostig soos wat die land tans het.

 "Dit is veral negatief vir klein- en medium-sakeondernemings wat reeds sukkel om kop bo water te hou.

"Op 8 Mei aanstaande week kry die kiesers van Suid-Afrika die geleentheid om saam met ʼn party soos die VF Plus hul ontevredenheid met die ANC by die stembus te toon en om deur hul stem seker te maak werkers kan in die toekoms weer rede hê om Werkersdag om die regte redes te vier," sê Groenewald.


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!