Nog 'n terugslag vir Zuma

2016-04-29
Dr Pieter Groenewald

“President Zuma moet nou die eerbare ding doen en bedank,” het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-nasionale voorsitter, gesê na die hooggeregshof se bevinding dat die hoof van die nasionale vervolgingsgesag irrasioneel opgetree het deur die bedrogklagtes teen pres. Zuma terug te trek in 2009.

“Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die hooggeregshof wat die besluit om Zuma nie te vervolg nie ter syde te stel. Dit beteken dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet voortgaan om Zuma te vervolg vir die 783 klagtes van korrupsie en bedrog. Hierdie is nou die derde agtereenvolgende ernstige terugslag vir pres. Zuma beginnende by die Nene-afdanking, die Grondwethof-uitspraak teen hom en nou hierdie uitspraak. Die NVG behoort die uitspraak te aanvaar en daarby te berus. 'n Verdere appel op hierdie uitspraak sal 'n vermorsing van belastingbetalersgeld wees,” het Groenewald bygevoeg.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!