Nasionale Gesondheidsversekering is allermins ‘n towerstaf om land se skrikwekkende gesondheidsdiens reg te ruk

2019-11-12
Die Redaksie

"Die toestand van Suid-Afrika se gesondheidsdiens is haglik en die ANC-regering begaan ʼn reuse fout indien hy dink die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is die towerstaf om al die probleme uit die weg te ruim, sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Die verhale oor wat in hospitale gebeur, klink na ʼn nimmereindigende nagmerrie: Volgens die LUR vir gesondheid in Gauteng is sowat 3 800 mense in die boekjaar 2018/19 in Gautengse provinsiale hospitale dood weens mediese nalatigheid

"Enkele voorvalle wat onlangs aan die lig gekom het, is van ʼn tweejarige meisie wat oorlede is nadat sy nege ure moes wag om opgeneem te word in die Tshwane-distrikshospitaal; ou mense word met kettings aan stoele in die Mamelodi-hospitaal vasgemaak; 'n pasiënt met 'n bloedklont deur sy hart moet sewentien ure wag om opgeneem te word in die Tshwane-distrikshospitaal, en vele meer.

  

"Teen hierdie agtergrond is dit veral ontstellend om te verneem dat die departement van gesondheid sy begroting onderbestee het met R1 miljard. Dit verklaar die kritieke situasie."

 

"Volgens die ouditeur-generaal (OG) het hospitale in Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Vrystaat nie gebruik van mediese toerusting wat reeds in 2015 vir 'n bedrag van R13,2 miljoen aangekoop is nie. Alles skets ʼn prentjie van totale onbevoegdheid.

 

"Wat by staatshospitale in Suid-Afrika gebeur, is 'n absolute skande en indien die regering onder die indruk verkeer dat die NGV al hierdie probleme gaan oplos, moet hy weer hard daaroor nadink," sê van Staden.

 

PhilipVanStadenNGV

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!