Matjhabeng onder vulliskombers as gevolg van ANC-wanadministrasie

2019-09-03
Die Redaksie

Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit se vullisverwydering is so gebrekkig dat ‘n pes van rotte gevrees word en die kiemdraende knaagdiere hulle reeds in groot getalle in vullissakke begin tuismaak.

Vullissakke staan reeds langer as ‘n maand onverwyderd in die Thabong-woongebied. Ander woongebiede deel dié probleem. Om die probleme te vererger, is daar ook ‘n rioolkrisis in dié gebied.

"ʼn Ondersoek van die VF Plus het aan die lig gebring dat dit ‘n tekort aan padwaardige voertuie en toerusting is wat die agterstand veroorsaak," sê Susan Taljaard, VF Plus-raadslid in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit.

 

"Inwoners van die munisipale gebied is die slagoffers van die munisipaliteit se wanbestuur en sy onvermoë om dienste te lewer. Onverwyderde vullissakke is ‘n sigbare bewys oor hoe die ANC Vrystaatse munisipaliteite die afgrond in bestuur."

 

Die VF Plus sal ‘n amptelike skrywe rig aan die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Thembeni Nxangisa, om te versoek dat ondersoek ingestel word om te bepaal wat die situasie rondom onpadwaardige diensleweringsvoertuie.

"Die voortslepende diensleweringsprobleem in die munisipaliteit hou nie net omgewingsgevare in nie, maar ook ʼn ernstige gesondheidsrisiko vir inwoners.

"Die munisipaliteit het ʼn verantwoordelikheid teenoor sy inwoners om die omgewing skoon en netjies te hou en die VF Plus sal aanhou om druk op die bestuur te plaas om hieraan uitvoering te gee," sê Taljaard.

 

 

 

 
 
 
 
 
 
Attachments area
 
 
 

 

MatjhabengSusanTaljaardDiensleweringVrystaat

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!