"President Cyril Ramaphosa het vandag tydens 'n vraesessie in die nasionale raad van provinsies die VF Plus se siening bevestig dat die ANC verantwoordelik is vir die kultuur van wanbetaling vir dienste in Suid Afrika," sê Fanie du Toit, VF Plus-LP in die Nasionale Raad van Provinsies.
"President Ramaphosa het gesê die "boikot-tydperk" van wanbetaling moet nou stop en dat die tyd aangebreek het dat mense vir dienste begin betaal.
"Dit volg op ʼn beroep wat die adjunk-president, mnr. David Mabuza, verlede maand ook in die nasionale raad van provinsies op gemeenskapsleiers gedoen om te na hul kiesafdelings terug te keer om hul volgelinge se denke oor nie-betaling te verander.
"Die VF Plus sal voortgaan om die ANC tot verantwoording te roep oor die wanbetaling wat nou al vir 25 jaar onder ANC-bewind voortduur en wat plaaslike regering in Suid-Afrika op sy knieë gedwing het.