Johannesburg en Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelede vir veiligheid en sekuriteit moet aan Gautengse wetgewer verduidelik oor misdaadbekamping

2019-09-03
Die Redaksie

Die Gautengse wetgewer se komitee vir gemeenskapsveiligheid is merkbaar besorg oor die veiligheid van inwoners en het burgemeesterskomiteelede van Johannesburg en Ekurhuleni gevra om hul misdaadvoorkomingsplanne aan die komitee te kom verduidelik.

Die komitee is ook bekommerd oor hoe die metropolisie van beide metro’s wet en orde in hul jurisdiksie hanteer. Die Johannesburgse metropolisie was die afgelope maand in die nuus toe van sy lede ʼn vrou na bewering hardhandig behandel het om bloedmonsters te neem.

Die Gautengse wetgewer se gemeenskapsveiligheidskomitee sal die planne bestudeer en sekere aanbevelings maak. Die komitee het hom ook uitgespreek oor die voortslepende geweld in Pretoria se middestad. Die komitee is verder bekommerd oor die spanning wat daar tussen die publiek en metrolede bestaan.

 

"Die VF Plus is voorts bekommerd oor die gehalte van opleiding van metropolisielede. Die taak was altyd oorgelaat aan die polisie."

 

"Die komitee het ook die publiek gevra om nie die gereg in eie hande te neem nie en metrolede toe te laat om hul werk te doen," sê Kobus Hoffman, VF Plus-LPW in die Gautengse wetgewer.

"Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Karen Meyer, is gevra om op 5 September aan die provinsiale komitee die planne rondom misdaadbekamping met die fokus op dwelmhandel en openbare geweld, te verduidelik.

"ʼn Groep van dertig Johannesburgse metropolisielede word tans deur lede van die Fujian-polisiekollege in Sjina teen ʼn minimale koste opgelei. Hulle opleiding sluit onder meer in die gebruik van vuurwapens, deursoekingsmetodes, dissipline en verdediging," sê Hoffman.

KobusHoffmanGauteng

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!