Israel: ANC wys morele bankrotskap met eskalerende boikot teen Israel en vriendskappe met muishondlande soos Venezuela

2019-04-09
Die Redaksie

Die VF Plus is gekant teen die ANC-regering se eskalerende en eensydige boikot teen Israel terwyl hy terselfdertyd moeite doen om bande te smee met lande soos Venezuela, Noord-Korea en Kuba wat internasionaal ʼn swak aansien het.

Pres. Cyril Ramaphosa en die regering het die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel tot net ’n belangekantoor afgegradeer nadat die ANC in 2017 ’n resolusie in die verband aanvaar het.

Pieter Groenewald, VF Plus-leier sê die ANC moet teen die agtergrond van sy openlike vyandigheid teenoor Israel daarvan kennis neem dat talle Islamitiese lande soos Egipte, Turkye, en selfs Nigerië steeds volle ambassades in Israel het.

"Israel kan baie vir Suid-Afrika beteken en hy is bereid om te help, veral op belangrike gebiede soos waterbestuur en vergroening in ‘n stadium waar die land al hoe meer waterskaars word.

"Hierdie gedrag van die ANC-regering is net nog een van die talle wyses waarop Suid-Afrika ondermyn word en daarom het dit tyd geword om saam met die VF Plus terug te slaan teen die ANC in die komende verkiesing," sê Groenewald.


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!