Honderde vakante poste "wys disfunksionele onderwys"

2017-12-04
Die Redaksie

Teen die einde van September vanjaar was daar altesame 580 vakante onderwysposte by skole in Gauteng, almal daarvan op bestuursvlak wat ʼn sterk aanduiding is hoe disfunksioneel onderwys in dié provinsie tans is. 

In antwoord op ʼn geskrewe parlementêre vraag deur adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het dit aan die lig gekom dat daar vakante poste is vir 62 skoolhoofde, 109 adjunk-hoofde en 409 departementshoofde in provinsie bestaan. (Volledige vrae en antwoorde onder).

Die minister kon nie sê waarom die poste nie gevul word nie. Sy kon ook nie antwoord op vrae oor die aantal skole, skole wat in onbruik is of die aantal nuwe skole wat gebou gaan word om die groeiende leerlingtal te akkommodeer nie.  

"Die geld is beskikbaar om skole te herstel;Lesufi versuim doelbewus om dit te doen in ʼn poging om Afrikaanse skole totaal uit te roei"

 

Sy kon ook nie antwoord op vrae oor die druk op Afrikaanse skole om te verengels nie, en het gesê sy wag op antwoorde van die Gautengse onderwysdepartement.

Adv. Alberts sê dit is ʼn skande en moontlik met voorbedagte rade dat die LUR in die provinsie, Panyaza Lesufi, toelaat dat soveel poste nie gevul word nie en dat geld wat sy departement ontvang het om nuwe skole mee te bou, nie gebruik word nie.

“Deur doelbewus ʼn situasie te skep waar skole weens onderwysertekorte nie behoorlik funksioneer nie en om die druk van leerlingtalle kunsmatig te vergroot deur die versuim om nuwe skole te bou, skep Lesufi nou ʼn rede om funksionele en Afrikaansmediumskole te dwing om anderstalige leerlinge in te neem.

“Ondervinding het al geleer dat enkel-Afrikaansmediumskole eindelik totaal verengels wanneer hulle gedwing word om Engels ook te akkommodeer.

“Die geld is beskikbaar om skole te herstel, om nuwe skole te bou en die onderwysposte te vul. Dit is die VF Plus se mening dat Lesufi doelbewus versuim om dit te doen in ʼn poging om Afrikaanse skole totaal uit te roei,” sê adv. Alberts.


NATIONAL ASSEMBLY

WRITTEN REPLY

QUESTION 3602

DATE OF PUBLICATION OF INTERNAL QUESTION PAPER: 10/11/2017

INTERNAL QUESTION PAPER: 42/2017

3602. Adv A de W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Basic Education:†
(1) (a) What is the total number of teaching posts currently vacant in Gauteng and (b)(i) for what period and (ii) why each specified post continues to be vacant; 
(2) what total number of (a) school districts and schools are in Gauteng and (b) learners can be accommodated at each specified school;
(3) in respect of each school district, (a) what number of schools is in use, not in use and/or partially in use, (b) what number of new schools is required and being planned and (c) by what date the new schools will be completed;
(4) in respect of each school district, (a) what are the names of and (b) what is the reason why Afrikaans single-medium, dual-medium and parallel-medium schools have been identified by her department to accept non-Afrikaans speaking learners? NW4030E
REPLY

(1) (a) As at the end of September 2017, there were 580 vacant teaching posts in Gauteng. All were in school management posts; 62 Principal, 109 Deputy Principal, 409 Head of Department.

 

(b) (i) and (ii) The information requested is currently not availble, it will be requested from the Gauteng Department of Education and will be provided once received.

 

(2)(3)(4) The information has been requested from the Gauteng Department of Education and will be provided as soon as it is received


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!