Hofbevinding wys OB is onbevoeg vir haar werk

2020-03-10
Die Redaksie

"Die bevinding van die hooggeregshof in Pretoria in die saak oor die Openbare Beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, se bevinding oor die skenking van R500 000 aan president Cyril Ramaphosa, dien as bewys dat sy onbevoeg is vir haar pos," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die bevindinge teen Mkhwebane wat onder meer lui sy is “totaal irrasioneel, onverantwoordelik en deurmekaar” en dat sy nie die bevoegdheid gehad om die aangeleentheid te ondersoek nie, is ernstig.

 

"Dit is nie net vir haarself ʼn totale verleentheid nie, maar ook vir die kantoor van die OB en vir Suid-Afrika."

 

"Die VF Plus sê Mkhwebane moet onmiddellik bedank. Sy bevraagteken nou selfs die proses van die parlement. Die VF Plus meen die parlement het die korrekte prosedure gevolg en die reëls wat daar neergelê is, is geldig.

"Enige optrede wat sy dus teen die parlement se prosesse in die aangeleentheid beplan, sal nie slaag nie en om haarself, haar kantoor en Suid-Afrika verdere verleentheid te spaar en om nie belastingbetalers se geld verder te vermors nie, moet sy onmiddellik bedank," sê Groenewald.

PieterGroenewaldOB

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!