Gewone WVF-uitbetalings sloer, maar departement ontken dit

2020-04-22
Die Redaksie

"Die VF Plus word oorval van klagtes van gewone begunstigdes van die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) wat maandeliks voordele uit die fonds ontvang weens onder meer afleggings, kraamverlof, vaderskapsverlof, ens," sê Heloïse Denner, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van arbeid.

"Die fonds verkeer onder geweldige druk weens die toename in eise vir die Covid-19-werkgewer-werknemer tydelike verligtingsfonds (TERS) wat in reaksie op die nasionale inperking ingestel is. Volgens die direkteur-generaal van die departement van arbeid is 37 772 eise teen 21 April verwerk en sowat R1,6 miljard uitbetaal aan TERS-begunstigdes en gewone WVF-begunstigdes ontvang soos altyd hul betalings deurlopend.

"Dit blyk egter nie die geval op grondvlak te wees nie. Die departement het aangedui dat begunstigdes nie soos gewoonlik by arbeidsentrums hoef te gaan teken vir voortgesette betalings nie. Aanvanklik sou gewone begunstigdes sms-boodskappe ontvang wat in die plek van die handtekening sou dien, maar dit wil voorkom of hiervan ook afgesien is en dat betalings bloot gemaak word.

"Vele begunstigdes het egter nie ‘n sms-boodskap of hul gewone betaling ontvang nie. Die instruksie van die departement van arbeid is dat ‘n navraag in so ‘n geval aan die onderstaande e-posadres vir die begunstigde se area gedoen word of dat die hulplyn geskakel word by 012 ‪337 1997‬ of ‪0800 030‬ 007. Verskeie begunstigdes se ondervinding is egter dat nie eposse of oproepe beantwoord word nie.

 

Die VF Plus versoek sodanige begunstigdes om onbeantwoorde e-posse aan die onderstaande e-posadresse wat vir ‘n week of langer onbeantwoord is na plus@vfplus.org.za te stuur sodat ons dit direk onder die departement van arbeid se aandag kan bring. Maak seker dat die epos die korrekte inligting en verwysingsnommers vervat.

 

Mailbox
Fax to email Number

Germiston.BCP@labour.gov.za
0864397295

Petermari.BCP@labour.gov.za
0864397296

EastLondon.BCP@labour.gov.za
0864397299

Capet.BCP@labour.gov.za
0864397300

George.BCP@labour.gov.za
0864397301

NorthWest.BCP@labour.gov.za
0864397302

Limpopo.BCP@labour.gov.za
0864397303

Mpumalanga.BCP@labour.gov.za
0864397304

Freestate.BCP@labour.gov.za
0864397305

Online.BCP@labour.gov.za
0864397306

Durban.BCP@labour.gov.za
Portelizabeth.BCP@labour.gov.za
0864397297
0864397298

NorthernCape.BCP@labour.gov.za
0864397309

Johannesburg.BCP@labour.gov.za
0864397294

Pretoria.BCP@labour.gov.za
0864397290

HeloiseDenner#Covid19SAWVF

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!