Boodskap aan die Springbokke van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus

2019-11-01
Die Redaksie

"Die VF Plus wil hiermee sterkte toewens aan die Springbok-rugbyspan wat more teen Engeland speel in die eindstryd van rugby se Wêreldbekertoernooi in Japan," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Suid-Afrika is tans ʼn verdeelde land wat enorme krisisse en swaarkry daagliks in die gesig staar.

 

"Die prestasie van die span, wat die eindstryd gehaal het nieteenstaande die feit dat hy die toernooi enkele weke gelede as buiteperd begin het, sê daarom baie vir die veggees van Suid-Afrikaners en bring hoop en nasietrots."

 

"Die span wys dat Suid-Afrikaners met die beste in die wêreld kan meeding én hulle kan klop. Die VF Plus sien almal wat by die span betrokke is, reeds as wenners, ongeag die uitslag van môre se wedstryd," sê Groenewald.

 

PieterGroenewald

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!