Bekendstelling van VF Plus se verkiesingsmanifes vir 2016-plaaslike regeringsverkiesing

2016-06-15
Die Redaksie

Die VF Plus is slaggereed vir die 2016-plaaslike regeringsverkiesing met meningspeilings en navorsing wat 'n groot toename in steun vir die party toon. Die politieke speelveld het geweldig sedert die 2011-plaaslike regeringsverkiesing verander en daar is talle aanduidings dat die komende verkiesing in menige munisipaliteite magsverskuiwings teweeg gaan bring.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, stel die party se verkiesingsmanifes op Saterdag, 18 Junie 2016 bekend. Die manifes dui die posisionering van die VF Plus aan as 'n kardinale rolspeler in die komende termyn en bevat die party se konkrete strategiese raamwerk om beter dienslewering en munisipale bestuur te bewerkstellig.

 

Datum : 18 Junie 2016

Tyd : 10:00 vir 10:30

Plek : Encore Teater, 1217 Stanza Bopape (Kerk) Straat, Hatfield,

Pretoria (sien aangehegde kaart)

 

Vir meer inligting kontak:

Wouter Wessels

082 674 6670

 

 

 

 

 

 


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!