Basiese onderwys-aanwasbegroting: Skaf “regstellende” aksie af en beëindig die kunsmatige vaardigheidstekort

2019-12-04
Die Redaksie

"Die VF Plus het vandag teen die aanwasbegroting vir basiese onderwys gestem. Die belangrikste rede is dat R40 miljoen wat vir watervoorsiening en sanitasie vir skole bedoel is, nie bestee kon word nie," sê Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van basiese onderwys.

"Dit is wel 'n klein persentasie van die sowat R12,5 miljard begroting vir skoolinfrastruktuur, maar as die prestasie op hierdie terrein bekyk word, skilder dit 'n somber prentjie.

 

Volgens die begroting is die doelwit om 59 nuwe skole te bou, maar net 9 is behaal. Aan 717 skole moes sanitasie verskaf word, maar 63 is behaal, terwyl 52 uit die beplande 227 skole van water voorsien is. Dit is die prestasie na afloop van drie kwartale van die finansiële jaar. Die vraag is hoeveel van hierdie doelwitte in die laaste kwartaal bereik sal word.

 

"Infrastruktuurprojekte verg baie kennis en vaardighede, maar kan nie agterweë gelaat word nie. Die gehalte van onderwys en die waardigheid van gemeenskappe is net té afhanklik daarvan. Intussen skep regeringsbeleid 'n kunsmatige tekort aan vaardighede deur onbuigsame rasseteikens op alle vlakke af te dwing.

"Vir die VF Plus is die vraag of die departement van hierdie teikens sal afsien nie 'n kwessie van politieke opportunisme nie, maar van die waardigheid van gemeenskappe," sê Boshoff.

DrWynandBoshoffBasieseOnderwys

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!