ANC moet redes vir probleme, protes en geweld by homself soek

2019-09-03
Die Redaksie

Die ANC soek nou oral na redes vir die geweld op die land se paaie en in stede, maar die antwoord is eenvoudig: Dit is die regering self wat die land se ekonomie vernietig en sodoende die probleme veroorsaak.

"Die swak ekonomie het gelei tot werkloosheid en armoede wat natuurlik daartoe sal lei dat mense sal veg vir werk en ʼn inkomste en dat buitelanders in die proses as ʼn bedreiging beskou word. Dit veroorsaak xenofobie," sê Piet Mey, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van vervoer.

 

"Die heersende situasie op paaie rondom Kaapstad, Pretoria en elders in die land is niks anders nie as anargie en ʼn minagting van wet en orde waardeur wetsgehoorsame burgers gyselaar gehou word."

 

"Dit sluit aan by die situasie in Pretoria en  Johannesburg waar brandstigting en ʼn geplunder grootskaalse verwoesting veroorsaak. In die Wes-Kaap moet die Weermag selfs help om orde te handhaaf.

"Die ANC probeer nou vir almal die skuld gee vir die probleme. Van misdadige elemente en werkloosheid tot werkgewers wat buitelanders aanstel as goedkoop arbeid.

"Die waarheid is dat al die probleme simptome is van ʼn siekte met die naam ANC wat besig is om Suid-Afrika te vernietig," sê Mey.

 

 
 
 

 

PietMeyVervoer

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!