Almal se plig om vroueregte te bevorder

2019-09-05
Die Redaksie

Die VF Plus deel die kommer van almal in Suid-Afrika oor die groeiende voorkoms van geweld teen vroue en kinders in die land.

Geslagsgeweld, hoofsaaklik die produk van ʼn gebrek aan wedersydse respek, is buite beheer. Die polisie staan oënskynlik magteloos om dit stop te sit en die regstelsel faal die slagoffers.

Dinsdag hierdie week is Angelique Clark-Abrahams verkrag en vermoor deur ʼn man teen wie sy ʼn beskermingsbevel gehad het. Op die vooraand van Vrouedag is die agt maande-swanger Sadieka Newman doodgeskiet.

"Die VF Plus stem saam dat almal moet saamwerk teen die gruwel. Daar rus nogtans ʼn grondwetlike plig op die regering om die land se mense veilig te hou en in die proses sal daadwerklike veranderinge aan die polisie- en regstelsel aangebring moet word," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP.

 

"Dit is enkele voorbeelde oor hoe die regstelsel vroue in die steek laat. Leë woorde en slagspreuke het hulle nie beskerm nie."

 

"Die VF Plus se boodskap is dat alle mans nie neersien op vroue nie en doen ʼn beroep op mans wat vroue as hul gelyke beskou, om die leiding te neem in hierdie stryd," sê Wessels.

VroueWouterWessels

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!