Agteruitgang van entiteite by departement van omgewingsake raak almal in die samelewing

2019-11-19
Die Redaksie

"Volgens 'n uitgediende opvatting sien die departement van omgewingsake om na dinge wat dierbaar, maar nutteloos is. Daarom word terreine afgebaken waar dié "oulike goed" bewaar kan word, sodat die "regte lewe" elders kan voortgaan," sê Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van omgewingsake, bosbou en visserye.

"Die wêreldwye impak van omgewingsagteruitgang, het die aandag daarop gevestig dat omgewingsake, saam met bosbou en visserye, 'n sleutelrol in die verwesenliking van menseregte speel.

 

"Hierdie departement moet dus die belange van die mens en die natuur, mense onderlinge, en die hede en die toekoms met mekaar balanseer. In daardie opsig is die onlangse inisiatiewe om die draers van inheemse kennis, sowel as om kleinskaalse visserye te bevorder, positief."

 

"Die rol van hierdie departement se entiteite is van onskatbare waarde. Sanparke, die Suid-Afrikaanse Weerdiens, die Isimangaliso Vleilandpark en die botaniese tuine van SANBI verseker dat lewe, ook menslike lewe, op aarde moontlik is.

 

"Om hierdie rede is dit teleurstellend dat bepaalde entiteite se ouditverslag agteruitgegaan het, vergeleke met die vorige jaar."

 

"Volgens die VF Plus is hierdie departement 'n ligpunt in die Suid-Afrikaanse opset, alhoewel die gevaarligte flikker," sê Boshoff.

 

DrWynandBoshoffOmgewingsake

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!