Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) is onherroeplik verbind tot die verwesenliking van gemeenskappe, in die besonder die Afrikaner, se internasionaal erkende reg op selfbeskikking, territoriaal en andersins, die handhawing, beskerming en uitbouing van hulle regte en belange asook die bevordering van die reg op selfbeskikking vir enige gemeenskappe in Suid-Afrika gebind deur ‘n gemeenskaplike taal- en kultuurerfenis.