Mediaverklarings

VF Plus steun nie Tshwane-metroraad se begroting aangesien dit tot nadeel van inwoners is

2021-05-28
Awie Erasmus

Die VF Plus het teen die begroting van die Tshwane-metroraad vir die 2021/22-finansiële jaar gestem aangesien dit nie die moeilike finansiële omstandighede van inwoners genoegsaam in ag neem nie en reeds sukkelende inwoners net verder gaan verarm.

Die VF Plus het tydens die... Lees verder


Gautengse ANC-regering mislei publiek met vals aankondiging oor skrapping van e-tolstelsel om verkiesingsteun te wen

2021-05-27
Adv Anton Alberts

Die VF Plus veroordeel ten sterkste die misleidende uitsprake van die Gautengse LUR van vervoer, Jacob Mamobolo, wat tydens 'n onderhoud op 'n radiostasie die indruk geskep het dat die e-tolstelsel geskrap word.

Dit is nie waar nie en daarom is hierdie uitsprake bloot opportunistiese pogings van... Lees verder


Ekurhuleni keur onrealistiese begroting goed terwyl dienslewering verder verswak

2021-05-27
Jennifer Glover

Die Ekurhuleni-metroraad (Boksburg, Alberton, Benoni, Kempton Park, Springs, Germiston, Brakpan, Edenvale, Nigel en omliggende gebiede) het beslis nie die krimpende ekonomie en die uitwerking van Covid-19 op inwoners in berekening gebring met die goedkeuring van die onrealistiese... Lees verder


Begroting van Stad Kaapstad neem baie inwoners se finansiële verknorsing nie in ag

2021-05-27
Erika Botha-Rossouw

Dit is teleurstellend dat die Stad Kaapstad-metroraad nie die uitslag van die openbare deelname-proses oor die metro se begroting in ag geneem met die voorbereiding van die finale begroting vir die 2021/22-finansiële jaar nie.

Die VF Plus is nie gekant teen tariefverhogings nie, maar dan moet ... Lees verder


Toenemende boeliegedrag in skole: Dalk ‘n onvoorsiene gevolg van die sogenaamde menseregtekultuur?

2021-05-27
Dr. Wynand Boshoff

(Debat in parlement oor boeliegedrag in skole)

Boeliegedrag het weer op die voorgrond getree nadat 'n 15-jarige leerder haar eie lewe na aanleiding daarvan geneem het. 'n Video waarin sy onder aanmoediging van omstanders aangerand word, het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei, wat vir haar ... Lees verder


VF Plus verwerp voorgestelde begroting in Ramotshere Moiloa-munisipaliteit

2021-05-27
Karlien Venter

Die VF Plus het vandag sterk standpunt ingeneem teen die aanvaarding van die jaarlikse begroting in die munisipale raad van die Ramotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit wat Zeerust en Groot-Marico bedien.

Die begroting maak onder meer voorsiening vir ‘n styging van tot 13,59% in munisipale ... Lees verder


Suid-Afrika moet sy skaars waterbronne beter benut

2021-05-26
Mnr. Piet Mey

(Begrotingsposdebat in parlement: Water en sanitasie)

Dit is teleurstellend dat die waterkrisis in die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) ongesiens by politieke partye soos die ANC, die DA en die IVP verbygegaan het tydens ’n debat oor water en sanitasie in die parlement.

Dit is nie net... Lees verder


Mkhize se erkenning oor kontrak laat vrae ontstaan oor Nasionale Gesondheidsversekering

2021-05-26
Philip van Staden

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, se erkenning vanoggend tydens ‘n mediakonferensie wat gehou is oor die kommunikasiemaatskappy Digital Vibes en 'n onreëlmatige kontrak met die maatskappy, laat verskeie vrae ontstaan oor hoe die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ook onder... Lees verder


VF Plus bekommerd oor toename van protesaksies in die Oos-Kaap

2021-05-26
Mnr. Piet Mey

VF Plus veroordeel die gewelddadige betogings in die Oos-Kaap en veral in die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) ten sterkste. Die provinsie word die afgelope tyd geteister deur gewelddadige protesaksies wat die ekonomie en die privaatsektor groot finansiële verliese laat ly.

Die toename in... Lees verder


Druk van VF Plus dra by dat Nelson Mandelabaai-metro se nuwe eiendomswaardasierol op ys geplaas is

2021-05-26
Theo Coetzee

Die VF Plus verwelkom die bevestiging van die Oos-Kaapse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) dat die nuwe eiendomswaardasierol vir die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) op ys geplaas word tot 2022.

Die VF Plus het oorspronklik beswaar aangeteken by die metroraad teen... Lees verder


« 1 2 ... 4 5 6 7 8 ... 421 422 »