Mediaverklarings

Steenkoolkarweiers kan hernubare krag nie keer, sê VF Plus

2017-03-02
Dr. Wynand Boshoff

Die onlangse "beleg" van Pretoria deur steenkoolkarweiers, wat kla dat hul werk weens hernubare krag verlore gaan, sal dié neiging nie keer nie, sê dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse leier van die VF Plus.

Dr. Boshoff sê steenkoolkarweiers gebruik die prys wat aan die eerste... Lees verder


Wanbestuur kos Potchefstroom miljoene

2017-03-02
Mnr. Fanie du Toit

Die Ouditeur-Generaal se verslag het bevind dat die ANC onbevoeg is om Tlokwe en Ventersdorp te bestuur. Dit het na vore gekom met die finansiële komiteevergadering waar die Jaarverslag van beide Tlokwe en Ventersdorp hanteer is. Die Ouditeur-Generaal ondersoek die munisipaliteite se... Lees verder


VF Plus steun voorgestelde wetgewing om maklike skuldverlening moeiliker te maak

2017-03-02
Adv Anton Alberts

Maklike skuldverlenig is steeds die ondergang van baie mense in Suid-Afrika en die VF Plus is ten gunste daarvan om roekelose skuldverlening kort te vat en om ‘n helpende hand uit te steek na mense wat reeds in die maalkolk van skuld beland het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


Verkragtingslagoffer se lewe gesteel

2017-03-02
Jan van Niekerk

Alice Maree se lewe is deur haar verkragter gesteel, het Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat, kort voor haar begrafnis uit die NG Moedergemeente op Theunissen gesê. Sy was ‘n pragtige jong dame met haar hele lewe voor haar toe haar verkragter, wat op parool was vir aanranding ... Lees verder


Noord-Kaap se departement van vervoer moet dadelik ingryp om N12 weer oop te stel

2017-02-28
Dr. Wynand Boshoff

Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat motoriste verontrief moet word weens die tydelike sluiting van die N12 tussen Hopetown en Modderrivier wat na verneem word te wyte is aan ‘n protesaksie wat met die padboukontrakteurs verband hou, sê dr. Wynand Boshoff, leier van die VF Plus in... Lees verder


Minister erken hy het geen idee wat die stand van nalatigheid in staatshospitale is nie

2017-02-28
Adv Anton Alberts

Die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, en sy departement het geen inligting beskikbaar oor hoeveel mense weens nalatigheid in Suid-Afrika se staatshospitale sterf nie, en het tewens geen idee wat die stand van nalatigheid in die hospitale is nie, sê adv. Anton Alberts, de VF Plus... Lees verder


Wittes het gewerk en betaal vir grond

2017-02-28
Dr Pieter Groenewald

Regmatige grondeienaars het gewerk en betaal vir hul grond. Hulle gaan nie daaroor jammer sê nie,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald het vandag met die mosie op die wysiging van artikel 25 van die Grondwet oor grondonteiening gesê wanneer die... Lees verder


Majuba - 27 Februarie: Herdenking van Afrikaner-boere se weerstand teen Britse imperialisme

2017-02-28
Dr Pieter Mulder

Die tweede helfte van die negentiende eeu in Suider-Afrika is gekenmerk en oorheers deur Britse imperialisme en Britse kolonialisme.

Cecil John Rhodes het die simbool van hierdie Britse imperialisme in Suidelike Afrika geword.

In ’n toespraak by Oxford in 1877 het Rhodes gesê: I think ... Lees verder


Moqhaka-munisipaliteit, munisipale bestuurder moet verantwoording doen

2017-02-27
Dr. Albe Viljoen

Die Moqhaka-plaaslike munisipaliteit, wat Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus en Vierfontein insluit, beleef sy ergste finansiële krisis nog, het dr. Albe Viljoen, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit, gesê.

Die finansiële krisis moet voor die deur van die munisipale bestuurder,... Lees verder


Hooggeregshof-uitspraak onderskraag VF Plus se opinie dat Aarto onwettig toegepas word en dat meeste kennisgewings nie geldig is nie

2017-02-27
Adv Anton Alberts

Die Padverkeeroortredingsagentskap (PVOA) pas die Aarto-wet op ʼn onwettige wyse toe wat beteken dat alle Aarto-boetes wat tot op datum uitgereik is en nie binne die voorgeskrewe spertye betaal is nie, moontlik onwettig en onafdwingbaar wees, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


« 1 2 ... 453 454 455 456 457 ... 573 574 »