Mediaverklarings

VF Plus-reaksie op pres. Zuma se staatsrede

2014-02-13
Dr Pieter Mulder

Soos voorspel was die president  se staatsrede hoofsaaklik ‘n spoggery oor die verlede met min klem op die toekoms. As dit so goed in die land gaan as wat die president voorgee, waarom brand so baie dorpe en is daar so baie water-, riool- en infrastruktuurprobleme? Suid-Afrika kan nie... Lees verder


VF Plus vra OVK en MRK om haatspraak en opsweping deur EFF te ondersoek

2014-02-12
Dr Pieter Mulder

Opruiende uitsprake en opsweping tot geweld teen wit mense onder die naam van Julius Malema se EFF is onaanvaarbaar en die VF Plus het vandag die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) en die Menseregtekommissie (MRK) gevra om dit te ondersoek, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

... Lees verder

Verwag ’n suikerlagie om president Zuma se staatsrede

2014-02-11
Dr Pieter Mulder

Daarteenoor sal die president en die ANC waarskynlik ‘n ander beeld voorhou deur die huidige Suid-Afrika met die een van 1994 te vergelyk. Dit sal dan ingeklee word met ‘n lys van sogenaamde ANC-prestasies van die afgelope 20 jaar, hoe goed dit tans gaan en met ‘n oproep om... Lees verder


Dienspligtiges ook militêre veterane en moet op databasis bly

2014-02-11
Dr Pieter Groenewald

“Die Departement van Militêre Veterane se voorneme volgens hulle woordvoerder, Mbulelo Mmusi, om 16 000 voormalige dienspligtiges wat as militêre veterane geregistreer het, van die databasis te verwyder is onwettig. Ek het reeds met die direkteur-generaal, mnr. Motumi hieroor... Lees verder


VF Plus-jeug vergader met Bapela oor NYDA

2014-02-11
Wouter Wessels

Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) was die afgelope paar jaar in verskeie omstrede voorvalle betrokke. Dit sluit in die R100 miljoen vir die Wêreld-jeugfees, R62 miljoen se onregmatige uitgawes en die hoof uitvoerende beampte se salaris van R2,43 miljoen per jaar.

Die VF... Lees verder


Bekendmaking van stemdag onderstreep belangrikheid van registrasie

2014-02-07
Dr Pieter Mulder

Vandag is bekend gemaak dat stemdag vanjaar op Woensdag 7 Mei sal wees. Daarom is dit nou van die grootste belang dat elke Suid-Afrikaner besin oor die belangrikheid van die verkiesing, en homself moet vergewis van die noodsaaklikheid daarvan om te stem sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF... Lees verder


Moqhaka besoedel die water

2014-02-06
Wouter Wessels

Die VF Plus in die Vrystaat het eergister 'n verslag ontvang wat die toksisiteit van die water in die Valsrivier bevestig.  Verskeie boere in die Bothaville omgewing het 'n toename in dooie visse in die rivier gewaar en die wetenskaplike ondersoek laat doen. Daar was ook gevalle waar beeste... Lees verder


OVK ondersoek nou ANC-advertensieborde in Gauteng

2014-02-06
Dr Pieter Mulder

Die Openbare Beskermer (OB) het ‘n klag van die VF Plus oor die propagandistiese advertensieborde in ANC-kleure wat die provinsiale regering van Gauteng enkele maande gelede langs paaie in dié provinsie opgerig het, na die OVK verwys.

Dit volg nadat dr. Pieter Mulder, leier van die... Lees verder


Mislukte samewerking tussen DA en Agang

2014-02-03
Dr Pieter Mulder

Samewerking tussen opposisiepartye is noodsaaklik ten einde die ANC se dominante posisie in die Suid-Afrikaanse politiek te beëindig.

Die groot vraag is watter tipe samewerking die beste is om hierdie doel te bereik.

Die DA se manier is om met ander partye saam te smelt terwyl die DA steeds... Lees verder


DA-optog na ANC is resep vir konflik

2014-02-03
Dr Pieter Groenewald

Die onverdraagsaamheid van die ANC en die uitdagende houding van die DA rakende die DA se beplande optog na die Luthuli-huis more, het al die elemente van ‘n konflik en albei partye sal skuld en verantwoordelikheid moet aanvaar indien dit gewelddadig raak, sê dr. Pieter Groenewald, die... Lees verder


« 1 2 ... 431 432 433 434 435 ... 445 446 »