Mediaverklarings

‘n Tweede vragmotor slaan om in Krugersdorp

2018-05-15
Amanda de Lange

Die VF Plus het met skok verneem van ‘n tweede vragmotorongeluk by die Pine Haven-kruising in Krugersdorp in net twee dae.

Dit volg op die insident by dieselfde kruising gisteroggend waar 'n vragmotor se remme gefaal en in voertuie ingeploeg het. Een van die voertuie was 'n... Lees verder


Begrotingsposdebat: Departement van openbare ondernemings - Gordhan kan sy erns oor die regruk van openbare ondernemings bevestig deur in te gryp om pensioenarisse te help

2018-05-15
Adv Anton Alberts

Verlede jaar het die VF Plus die departement van openbare ondernemings vergelyk met ʼn verrottende karkas wat deur ʼn skool piranhas vleis van been gestroop word.

Staatskapers het voorheen straffeloos opgetree sonder dat hulle eens veel moeite gedoen het om hul handewerk weg te steek nie. Nou... Lees verder


Begrotingsposdebat: Departement van Polisie en onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat - Regering stem in om statistiek oor plaasaanvalle met VF Plus te bespreek

2018-05-15
Dr Pieter Groenewald

Nadat die regering twee weke gelede na jarelange swye en herhaalde versoeke van die VF Plus besluit het om statistiek oor plaasmoorde uit te reik, het die minister van polisie, Bheki Cele, nou ook gesê hy is bereid om met die VF Plus gesprek te voer oor die aangeleentheid in ʼn poging om... Lees verder


Begrotingsposdebat: Departement van gesondheid - Gesondheidsdienste in Suid-Afrika gaan daagliks agteruit

2018-05-15
Wouter Wessels

Die siek mense van Suid-Afrika ly toenemend onder die land se gesondheidsdienste wat agteruit gaan. Die oplossing hiervoor lê nie in Kuba of die nasionale gesondheidversekeringsplan (NGV) nie. Dit lê in ʼn regering wat vir sy mense omgee.

Provinsiale hospitale het lykshuise geword in... Lees verder


Mislukte Gauteng-regering bied geen beskerming aan sy inwoners

2018-05-14
Jaco Mulder

Die Gautengse regering het reeds sy inwoners gefaal terwyl die plaasmoord-tog in die provinsie voortduur met twee bejaarde egpare wat Sondag in afsonderlike voorvalle op hul plase vermoor is.

‘n Bejaarde egpaar is Sondag op hul plaas in die Orange Farm-gebied in die Vaaldriehoek vermoor en... Lees verder


VF Plus behaal oorwinning vir inwoners ten opsigte van foutiewe rekeninge

2018-05-14
Phillip van der Merwe

Die VF Plus het ‘n oorwinning namens die gemeenskap van Ngwathe-munisipaliteit (Parys, Heilbron, Vredefort, Edenville en Koppies) behaal. Die Openbare Beskermer (OB) het ten gunste van inwoners in ‘n dispuut rakende enorme munisipale rekeninge beslis en die munisipaliteit moet nou... Lees verder


Groen Skerpioene dreig Emfuleni-plaaslike munisipaliteit met hof oor onwettige stortingsterrein

2018-05-11
Gerda Senekal

Die VF Plus verwelkom die optrede van die Groen Skerpioene om die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) te dwing om die onwettige stortingsterrein langs die ou Potchefstroompad in Vanderbijlpark te verwyder.

Inwoners van die... Lees verder


Begrotingsposdebat: Departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming - ANC-regering mislei mense oor grondhervorming

2018-05-11
Dr Pieter Groenewald

Die staat beskik oor genoeg grond vir herverdeling en is oneerlik met die mense van Suid-Afrika as hy sê onteiening sonder vergoeding is nodig om die proses van grondhervorming moontlik te maak.

Die mense van Suid-Afrika moet ook kennis neem van die minister se uitsprake oor onteiening... Lees verder


Begrotingsposdebat in die parlement: Departement van beplanning, monitering en evaluering (minister in die presidensie) oorbodig en faal aangesien 93% van munisipaliteite disfunksioneel is

2018-05-11
Dr Corné Mulder

Opposisiepartye is dit eens dat daar nie meer ʼn behoefte is aan die departement van beplanning, monitering en evaluering nie.

Een van die departement se funksies is die monitering van dienslewering van nasionale en provinsiale regeringsdepartemente en munisipaliteite. Dit is bekend dat 93% van ons ... Lees verder


Belge bring besoek aan Suid-Afrika om te hoor oor blanke armoede en plaasaanvalle

2018-05-10
Philip van Staden

'n Groep sakemanne vanuit België het Suid-Afrika die afgelope week besoek om hulself meer bewus te maak van blanke armoede en plaasmoorde wat tans soos 'n kanker aan Suid-Afrika knaag.

Hierdie groep, wat nie van 'n politieke organisasie in België is nie, het spontaan besluit om self met... Lees verder


« 1 2 ... 313 314 315 316 317 ... 501 502 »