Mediaverklarings

VF Plus vra inwoners van Krugersdorp om op te staan teen geweld teen vroue en kinders

2017-06-01
Tjaart Steenkamp

Misdaad teen vroue en kinders sal alleen drasties verminder wanneer die gemeenskap, regering, nie-regeringsorganisasies asook die sakesektor saamstaan om dié euwel uit te roei, het Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir Mogale City, gesê.

Steenkamp het... Lees verder


Net respek kan die probleem van geweld teen vroue en kinders oplos

2017-06-01
Dr Pieter Groenewald

Die woordjie respek is die enkele grootste wapen wat gebruik moet word in die stryd teen geweld teen vroue en kinders, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald het vandag met die dringende parlementêre debat oor die geweldsprobleem teen vroue en kinders... Lees verder


Gautrein 2: VF Plus vra vir die begroting voor projek begin

2017-05-31
Philip van Staden

Die VF Plus in Gauteng het tydens ʼn sitting van die Paaie- en Vervoerkomitee in die Gautengse Wetgewer dit duidelik gemaak dat die begroting vir die uitbreiding van die Gautrein eers aan die komitee voorgelê moet word alvorens daar ʼn besluit rondom die projek geneem kan word.

Die Gautrein... Lees verder


ANC sien wetgewing as blote riglyne

2017-05-31
Mnr. Michal Groenewald

Die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit het hul jaarlikse begroting goedgekeur sonder die steun van die opposisiepartye. Die begroting is na die mening van die VF Plus nie voldoende om die munisipaliteit se basiese pligte uit te voer nie en die distriksraad bestaan nou net om salarisse te... Lees verder


VF Plus is gekant teen petisiekomitee se buitensporige uitgawes

2017-05-31
Philip van Staden

Die VF Plus in Gauteng het kapsie gemaak teen die provinsie se petisiekomitee wat ʼn bedrag van R2 miljoen wil spandeer aan eksterne verhore in die provinsie vir die 2017/18 finansiële jaar.

Dit het tydens ʼn sitting van die komitee aan die lig gekom dat die komitee beplan om ʼn klomp eksterne... Lees verder


EFF is ʼn euwel vir demokrasie

2017-05-31
Dr. Elizabeth Snyman-van Deventer

Die begrotingsvergadering van die Mangaung-metroraad was weereens ʼn sirkus, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-Raadslid in die Mangaung-metromunisipaliteit, na afloop van die vergadering vandag gesê.

Ten spyte van die feit dat die VF Plus, DA en die EFF teen die aanname van die... Lees verder


Mangaung se begroting is onrealisties

2017-05-31
Dévar Smit

Die Mangaung-metromunisipaliteit verkeer onder geweldige finansiële druk en word deur Nasionale Tesourie as onvolhoubaar beskou. Die Mangaung-metromunisipaliteit se voorgestelde begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan skets ʼn baie mooi prentjie, maar die praktiese uitvoerbaarheid en... Lees verder


Zuma moet nou aan die wit mense van Suid-Afrika sê waar hulle met hom staan

2017-05-31
Dr Pieter Groenewald

President Jacob Zuma en sy regering het die droom van 1995 se reënboognasie vernietig en met sy voortdurende aanvalle op wittes skep hy ook groot rassewrywing. Die tyd het daarom aangebreek dat hy vir die wit mense van die land sê presies waar hulle met hom staan, sê dr. Pieter... Lees verder


Nkandla-sage het die parlement se geloofwaardigheid vernietig

2017-05-30
Dr Corné Mulder

Suid-Afrika se parlement het nie meer integriteit oor nie. Die Nkandla-sage het dit vernietig. Daarbenewens is die vlak van debatvoering die swakste wat dis was sedert 1994, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder het vandag met die begrotingsposdebat van die... Lees verder


Voormalige DA-raadslid in Ekurhuleni sluit aan by die VF Plus

2017-05-29
Adv Anton Alberts

Die VF Plus-leier in Gauteng, adv. Anton Alberts, het vandeesweek ʼn voormalige Ekurhuleni DA-raadslid, Mary Goby, in hul midde welkom geheet.

“Me Goby het na lang oorweging besluit om by die VF Plus aan te sluit omdat die DA nie na minderheidsgroepe se regte omsien nie,” sê adv.... Lees verder


« 1 2 ... 311 312 313 314 315 ... 445 446 »