Mediaverklarings

Tina Joemat-Petterson moet bedank

2013-12-05
Dr Pieter Groenewald

Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Petterson, behoort dadelik te bedank weens die ernstige bevindinge teen haar in die verslag van die Openbare Beskermer (OB) wat vandag bekend gemaak is, sê dr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se parlementêre... Lees verder


VF Plus stuit skenking van erf aan Islam Trust deur

2013-12-04
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus het gister tydens ‘n raadsvergadering van die Tshwane-metro, ‘n ongrondwetlike proses gestop wat inwoners van Valhalla boos gehad het.

Dit het gevolg nadat die ANC ‘n verslag ter tafel gelêhet om erf 1989 in Valhalla te skenk aan die Thaba Tshwane... Lees verder


E-tol-hofaansoek: Nieteenstaande wye openbare verset teen e-tol wat more begin, beskou hof aansoek nie as dringend nie

2013-12-02
Adv Anton Alberts

Nieteenstaande die feit dat die E-Tolwet te midde van groeiende openbare verset more in werking tree, is die aansoek van die Vryheidsfront Plus en sy vennote om die Wet met ‘n interdik te keer, onsuksesvol nadat die hof bevind het die aansoek is nie dringend genoeg nie, sê adv. Anton... Lees verder


Tyd het aangebreek om bewerings rondom Nkandla so gou moontlik op te klaar

2013-11-30
Dr Pieter Groenewald

Die tyd het aangebreek om die oor-en-weer bewerings en ontkennings rondom die uitgelekte Nkandla-verslag van die Openbare Beskermer (OB), adv, Thuli Madonsela in belang van Suid-Afrika op te klaar, sê dr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se parlementêre leier.

Die inhoud van... Lees verder


Onderwys-minister moet antwoord op verkrag-vraag

2013-11-28
Dr Pieter Groenewald

“Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, moet antwoorde verskaf oor die verkrag-vraag in die matriekvraestel wat handel oor die toneelstuk Tshepang. Wat was dan die vraag as die department ontken dat daar nie van leerlinge verwag was om verkragting te beskryf nie? Selfs die... Lees verder


Hofuitspraak ten gunste van lt.kol. Renate Barnard en Solidariteit ‘n stap in die regte rigting

2013-11-28
Adv Anton Alberts

Die hofuitspraak ten gunste van lt.kol. Renata Barnard en Solidariteit vandag in die appèlhof in Bloemfontein is ‘n stap in die regte rigting en kan ‘n sneeubal-effek hê in ander sake met rassediskriminasie as grondslag, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus... Lees verder


VF Plus bekommerd dat onwettige protesoptog more met groot geweld gepaard kan gaan

2013-11-28
Rdl André Fourie

Ernstige oordeelsfoute deur die stad Kaapstad kan veroorsaak dat die onwettige protesoptog more na die stad tot geweld kan lei indien groot getalle mense Kaapstad se strate leierloos binnevaar, sê mnr. André Fourie, VF Plus se raadslid vir die Stad Kaapstad.

Dit volg nadat die stad 'n ... Lees verder


VF Plus oorweeg regstappe teen Gauteng-regering oor ANC-verkiesingsreklameborde

2013-11-28
Jaco Mulder

Die VF Plus oorweeg tans regstappe teen die Gauteng-regering om die onregmatige aanwending van belastinggeld vir die oprig van 51 reklameborde teen sowat R2 miljoen per maand te stuit, sê mnr Jaco Mulder, LPW en VF Plus-leier vir Gauteng.

Die party oorweeg ‘n aansoek in die... Lees verder


VF Plus lê klag by OB en OVK oor ANC se misbruik van belastingbetalersgeld vir verkiesingsdoeleindes

2013-11-27
Dr Pieter Mulder

Die 51 reuse advertensieborde wat tans deur die Gauteng-regering in Gauteng opgerig word, is ’n ernstige bedreiging vir die Suid-Afrikaanse demokrasie. Dit maak ook ’n vry en regverdige verkiesing volgende jaar onmoontlik.

Die advertensieveldtog, wat regeringsuksesse uitdra, gaan meer... Lees verder


VF Plus se aansoek om interdik teen e-tol op 2 Desember aangehoor

2013-11-26
Adv Anton Alberts

Die Vryheidsfront Plus se hofaansoek om ‘n interdik te verkry teen die aanskakeling van die e-tolstelsel gaan op 2 Desember aangehoor word, ‘n dag voor die stelsel aanstaande maand in werking moet tree, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor... Lees verder


« 1 2 ... 270 271 272 273 274 ... 279 280 »