Mediaverklarings

VF Plus verwelkom straf van Anene Booysen-moordenaar

2013-11-01
Die Redaksie

Geen vorm van misdaad kan deur enige gemeenskap geduld word nie, en veral misdaad wat vroue en kinders raak, moet op die sterkste moontlike manier afgekeur en bestry word. Daarom verwelkom die Vryheidsfront Plus die dubbele lewenslange vonnis wat aan Johannes Kana, die moordenaar en... Lees verder


Vrystaatse premier is verward

2013-10-31
Wouter Wessels

Premier Magashule is verward oor die onderskeid tussen staat en party.  Hy het dit duidelik tydens sy termyn tot op hede getoon.  Regeringsprojekte, staatsfondse, aanstellings en besluite is deurgaans tot eksklusiewe voordeel van die ANC aangewend tot nadeel van die Vrystaat.

Dit is... Lees verder


Laat behoeftige wit en bruin gemeenskappe ook voordeel trek uit Saldanhabaai se nywerheidsontwikkelingsone

2013-10-31
Dr Corné Mulder

Die opening vandag van die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom, maar dit is belangrik dat die behoeftige wit en bruin gemeenskappe ook bevoordeel word met die sowat 12 000 werksgeleenthede wat die ontwikkeling na verwagting gaan skep, sê dr. ... Lees verder


LUR dink hy is verhewe bo die wet

2013-10-31
Wouter Wessels

Die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer in die Vrystaat, Mnr. Butana Komphela, verstaan die wet verkeerd. Die ANC-regering moet besef dat volgens die grondwet almal gelyk is voor die gereg en dat hul nie verhewe is bo landswette nie.

LUR Komphela het volgens Volksblad gesê dat volgens die wet... Lees verder


Belastingverligting is nodig om ekonomiese groei te stimuleer

2013-10-31
Adv Anton Alberts

Belastingverligting sal veel eerder ekonomiese groei stimuleer as hoër belasting aangesien dit ‘n bewese feit is dat ekonomiese groei net plaasvind indien ‘n staat ophou om in die vrye mark in te meng, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre... Lees verder


Ekonomie ernstig benadeel deur Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming

2013-10-29
Dr Pieter Mulder

Die Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming, wat sopas in die parlement aanvaar is, plaas 'n verdere meulsteen om die nek van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dit gaan die broodnodige ekonomiese groei wat vir werkskepping nodig is, verder beperk en ons arbeidsbedeling meer rigied maak. Dit is... Lees verder


Regering gebruik grondhervorming steeds as politieke speelbal

2013-10-29
Dr Pieter Groenewald

Die ANC-regering is steeds besig om grondhervorming polities te misbruik om emosies aan te jaag en verwagtinge te skep om sodoende stemme te werf vir aanstaande jaar se verkiesing, sê dr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se parlementêre leier.

“Die wyse waarop die... Lees verder


ANC moet gekeer word in die Wes-Kaap

2013-10-28
Dr Corné Mulder

Dit moet ten alle koste voorkom word dat die ANC in 2014 die regering in die Wes-Kaap oorneem, sê dr. Corné Mulder, parlementslid van die Vryheidsfront Plus en leier van die VF Plus in die Wes-Kaap.

Dr. Mulder het gereageer op die afgelope naweek se uitlatings van die leier van die... Lees verder


VF Plus kies leier in Gauteng

2013-10-28
Jaco Mulder

Mnr Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng is die naweek met ‘n volstrekte meerderheid herkies as die provinsiale leier van die party in Gauteng.

Mulder wat sedert 2004 ‘n lid van die Gauteng Wetgewer is, het die oorwinning behaal teenoor dr. Dan Roodt wat homself ook vir die amp... Lees verder


Minister Rob Davies tree roekeloos op met Suid-Afrika se ekonomie

2013-10-28
Adv Anton Alberts

Alhoewel dit op die kaarte was, het Suid-Afrika se opskorting van sy  bilaterale handelsooreenkoms met Duitsland steeds skokgolwe deur die sakewêreld gestuur, en die Vryheidsfront Plus neem met kommer kennis van die kansellering van die verdrag, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus... Lees verder


« 1 2 ... 253 254 255 256 257 ... 259 »