Zeerust-inwoners ontsteld oor “vrot” water

2020-06-19
Karlien Venter

Die VF Plus is sedert Donderdag oorval met klagtes van inwoners van ‘n gedeelte van Zeerust oor ‘n ondraaglike stank in hul drinkwater. Die munisipaliteit het eers vanmiddag (19 Junie) aandag aan die probleem gegee na herhaalde versoeke van die VF Plus aan die munisipale bestuurder, Ditshaba Makhate.

Die watertoevoer vanuit die reservoir is gesny sodat die gebied nou deur ‘n ander reservoir van water voorsien word. Die munisipaliteit het ook onderneem om die water vir ontleding te stuur om die oorsaak van die probleem vas te stel.

Die vermoede is dat ‘n voël of dier moontlik in die reservoir beland het omdat daar lank reeds ‘n opening in die dak is. Die VF Plus het sedert 2018 versoeke aan die munisipaliteit gerig om die dak te herstel juis om so ‘n voorval te verhinder.

Dit is totaal onaanvaarbaar dat inwoners aan so ‘n gesondheidsrisiko blootgestel word weens die blatante nalatigheid van die ANC-geleide munisipaliteit.


Navrae: 073 200 3309

WaterkrisisKarlienVenterZeerust

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!