Waterkrisis in Mogale City: Randwater betaal nou prys vir gebrek aan kundigheid

2022-10-07
Danie Toerien

Die waterkrisis in Gauteng en spesifiek in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) is ʼn duidelike bewys dat Randwater nou ook die prys betaal vir ʼn gebrek aan kundigheid.

Die watertekorte duur reeds sewe weke waar gebiede van Munsieville, Noordheuwel, Wes-Krugersdorp en Quelleriepark min of geen water het nie.

Soos met alle staatsentiteite het regstellende aksie (RA) gelei tot die aanstel van werknemers op grond van ras eerder as kennis, vaardigheid en kwalifikasies.

Dat die watertekort in Mogale City nou toegeskryf word aan beurtkrag, is absoluut verregaande.

Beurtkrag is reeds sedert 2007 deel van Suid-Afrika se woordeskat.

Indien Randwater in 15 jaar nog nie ʼn teenvoeter daarvoor kon vind nie, is die enigste gevolgtrekking dat die bestuur totaal onbevoeg is.

Baie sake-ondernemings in Mogale City het hul eie kragopwekkers aangeskaf en maak ook gebruik van hernubare krag deur middel van sonpanele en meer.

Die VF Plus is van mening dat Randwater al jare gelede moes voorsien het dat beurtkrag sy werksaamhede erg gaan belemmer.

Op die pad vorentoe moet Randwater fokus op kundigheid wat aanstellings betref, nie politieke teikens nie.


Navrae: 072 624 4659


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!