VF Plus vra Menseregtekommissie om klagte van onder meer haatspraak teen Gigaba se ‘raadgewer’ te ondersoek

2017-05-02
Adv Anton Alberts

Die VF Pus het die Mensregtekommissie (MRK) vandag gevra om klagte van moontlike haatspraak, intimidasie en aanhitsing tot geweld te ondersoek teen prof. Chris Malikane, raadgewer van Malusi Gigabe, die nuwe minister van finansies, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Dit volg op uitlatings wat Malikane luidens ʼn berig van News24 glo gemaak het ten tyde van ʼn byeenkoms van die groep Blacks in Dialogue op 29 April vanjaar in Johannsburg.

Malikane het glo onder meer gesê ʼn ‘gewapende rebellie’ teen die minderheid in Suid-Afrika is ʼn realistiese opsie/aksieplan om hul doel te bereik. Hier volg sy beweerde uitlatings onvertaald:

“We need a two-thirds majority to change the Constitution. Otherwise, to achieve what we want to achieve, we need to go that route [take up arms]. Let`s try two-thirds. I don`t like war.”

“A decision to take up arms would have to be discussed and not be a decision made by an individual.”

“It`s not for me to decide. It`s the progressive forces that must decide. My role is to unite these progressive forces. Taking up arms is one thing, but building a country is another.”

Adv. Alberts sê hierdie uitsprake is totaal onaanvaarbaar en veral in die konteks van die huidige politieke klimaat in Suid-Afrika wat reeds oorverhit is op rasse-gebied weens die uitsprake en optrede van pres. Jacob Zuma, kan dit nie geduld word nie.

“Sulke uitlatings is niks anders nie as haatspraak en die intimidering van minderhede. Dit is gemik teen elke persoon wat van die ANC verskil ten opsigte van die regering se planne om radikale ekonomiese transformasie teweeg te bring deur ʼn verandering aan die Grondwet.

“Die ANC moet sê of hulle met Malikane se uitlatings saamstem aangesien dit alombekend is dat hy optree as Gigaba se raadgewer,” sê adv. Alberts.

 


Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!