VF Plus-voertuig help vermeende sakkeroller in Kimberley vastrek

2023-03-16
Dr. Wynand Boshoff

Die oranje voertuig waarmee die VF Plus se Noord-Kaapse organiseerder, Wilhelm Reichert, sy werk doen, is ʼn bekende gesig op die provinsie se uitgestrekte paaie. Donderdag het dit egter ʼn nuwe rol gespeel toe Reichert dit gebruik het om ʼn beweerde selfoondief vas te trek.

Reichert was besig om te werk toe hy 'n skoolmeisie van Adamantia Hoërskool, hoor skree. Met sy aankoms op die toneel het Reichert se buurman reeds die meisie te hulp gesnel. Haar selfoon is gesteel en ʼn verdagte het daarmee weggehardloop. Hy het onmiddellik die buurtwag in kennis gestel en in sy voertuig, liefderyk “Die Nartjie” genoem, gespring en die verdagte ingejaag.

Met die hulp van die gemeenskap, 'n plaaslike besigheid se werknemers en polisie wat gou op die toneel was, is die verdagte tot stilstand gebring en die selfoon is by hom gevind.

Hierdie voorval wys hoe ʼn gemeenskap wat deur buurtwagte en ander instellings saamstaan, die polisie kan help om misdaad te voorkom.

DrWynandBoshoff

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!