Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus verwelkom ondersoek na Limpopo se departement van gesondheid

Die VF Plus verwelkom die proklamasie wat pres. Cyril Ramaphosa gister uitgereik het wat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) magtig om bewerings van korrupsie en wanadministrasie in Limpopo se departement van gesondheid te ondersoek wat voortspruit uit verkryging.

Enige finansiële verliese wat die staat of departement gely het, moet ook verhaal word.

Die SOE se ondersoek sal onder meer fokus op die verkryging van, of kontraktering vir afvalbestuursdienste in die provinsie en sal in besonder kyk na kontrakte vir die verwydering, behandeling, vervoer, versameling en wegdoening van gevaarlike mediese afval.

Die VF Plus sal egter wil sien dat die ondersoek uitgebrei word na die res van die departement aangesien gesondheidsorg in Limpopo se provinsiale hospitale en klinieke veel te wense oorlaat.

Die party glo dat die SOE-ondersoek net die punt van die ysberg gaan ontbloot en daar moet ook gekyk word na ander tenders en kontrakte wat die departement toegeken het vir die tydperk van 1 Januarie 2010 tot 18 Maart 2022.

Die VF Plus veg al die afgelope twaalf jaar teen die verval in openbare gesondheidsorg in Limpopo en sal aanhou druk uitoefen totdat alle korrupsie en wanbestuur in die departement uitgeroei is.

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Media Release
Denise Janse van Rensburg

Ekurhuleni’s debt crisis deepens

The Ekurhuleni Metro’s escalating financial mismanagement is clearly evident in the financial report for the third quarter of the 2024/25 financial year. According to the

READ MORE
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.