VF Plus verwelkom afdanking van Gautengse LUR vir gesondheid

2020-10-09
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus verwelkom die afdanking van die Gautengse LUR vir gesondheid, Bandile Masuku, nadat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) aangedui het dat hy versuim het om sy rol en verantwoordelikhede kragtens die Wet op Finansiële bestuur na te kom.

Masuku is in Julie op spesiale verlof geplaas weens sy beweerde verbintenis met die toekenning van ‘n Covid-19-tender van R125 miljoen vir persoonlike beskermende toerusting.

Die VF Plus is besorg oor die premier van Gauteng, David Makhura, se aankondiging dat die vakature nie gevul sal word totdat hy die finale verslag van die SOE ontvang het nie.

Sou premier Makura nie die vakature vul nie, kan dit die werksaamhede van die gesondheidsdepartement benadeel, veral met die hudige Covid-19-inperkingstydperk.

Die VF Plus sal ook wil sien dat Masuku en sy vrou, Loyiso Lugayeni-Masuku, burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe en gedeelde dienste in die Johannesburg-metroraad wat ook by die ondersoek betrek word, se persoonlike bankrekeninge ondersoek word.

Die VF Plus wil die SOE aanmoedig om die finale verslag so gou as moontlik bekend te maak.


Navrae: 071 604 9498

GautengAmandaDeLange#Covid19SouthAfricaLURGesondheidBandileMasuku

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!