VF Plus veroordeel wrede aanval in Limpopo

2019-11-25
Marcelle Maritz

Die VF Plus in Limpopo het met skok verneem van die wrede aanval in die vroeë oggendure van Maandagoggend op me. Magda Lombaard in Potgietersrus.

Die aanvallers het na die aanval gevlug en is deur die polisie agtervolg tot in die nedersetting Motetema waar hulle die voertuig gevind het wat na die aanval gekaap is. Die voortvlugtendes is nog steeds op vrye voete. 

Die VF Plus het die stasiebevelvoerder van Potgietersrus, kolonel Mantjane, gekontak en hy het bevestig  dat die ondersoekspan op die spoor van die voortvlugtendes is.

Die VF Plus veroordeel die aanvalle op onskuldige mense in hul private wonings en doen ‘n beroep op die gemeenskap om te alle tye waaksaam te wees.

Die party wil alle rolspelers wat betrokke is in die soektog na die aanvallers bedank. Die VF Plus sal die situasie monitor om te verseker dat geregtigheid geskied. 

Kontaknommer: 066 024 4623

 

MarcelleMaritzLimpopo

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!