Die VF Plus veroordeel die sinnelose aanval gisteroggend op Anet Coetzee, ʼn bekende onderwyseres van Brits. Anet woon op ʼn plaas net buite Brits.
Anet is skynbaar met ʼn haelgeweer deur ʼn venster in die gesig geskiet nadat sy ʼn jeugdige vroegoggend in haar huis betrap en verjaag het.
Die toenemende aanvalle van gewapende misdadigers op weerlose mense is kommerwekkend.
Dit dui op ʼn algehele morele verval onder die ANC-regering onder ʼn deel van ons bevolking wat niemand ontsien in hul skynbaar hebsugtige motiewe nie.
Hierdie tipe voorvalle belig ook weer die noodsaak vir almal om voorkomende veiligheidsmaatreëls op woonpersele in te stel en om in te skakel by plaaslike veiligheidsnetwerke.
Die VF Plus wens Anet ʼn spoedige herstel toe.