VF Plus spreek Verenigde Nasies se Menseregtekommissie toe oor vertrapping van minderheidsregte in SA

2016-11-25
Adv Anton Alberts

Die VF Plus se voorsitter, adv. Anton Alberts, het pas die Menseregtekommissie van die Verenigde Nasies se Forum oor Minderheidsregte toegespreek oor die situasie rakende regeringsvergrype teen minderheidsregte in Suid-Afrika.

Adv. Alberts het breedvoerig uitgespel hoe wetgewing onder die dekmantel van ‘transformasie’ misbruik word om minderhede soos die Afrikaner en die KhoiSan se regte weg te kalwe en nuwe ongelykhede te skep.

Hy het ʼn beroep op die VN se sekretaris-generaal gedoen om ʼn volledige ondersoek na die aangeleenheid te gelas en om druk op die ANC-regering te plaas om die regte van minderhede in die land te eerbiedig. (Die volledige voorlegging word onder aangeheg).

Volgens adv. Alberts sal Suid-Afrika se verteenwoordiger by die VN vandag op sy toespraak reageer.

Hier volg ʼn eerstehandse verslag met indrukke van adv. Alberts oor die verrigtinge:

  • Talle minderhede van regoor die wêreld in verskillende grade van onderdrukking en staatloosheid was teenwoordig. Daar was ʼn sterk verteenwoordiging van minderhede uit die Midde-Ooste waar talle konflikte tans woed.

Verbasend was dat talle minderhede vanuit selfs Europa meer outonomie opeis, soos die Savoye van Frankryk wat hulself nie as Franse beskou nie. Ook Hongare in Roemenië, Roma-minderhede versprei regoor Europa, die Trieste van Italië, en die Veniti van Italië (van Venesië).

Chinese minderhede en talle mense vanuit Oosterse lande het hul stemme dik gemaak en dit was skrikwekkend om aan te hoor hoe hul regte misken word. So ook die Koerde, die Yazidi in Irak en Sirië en die volksmoord deur ISIS.

Daar was verdere voorleggings oor konsentrasiekampe, marteling, verkragting, vroue was as slawe verkoop word, teregstellings, kindermishandeling en volksmoord. Die Koerde het ook gekla oor hul moeilike posisie in die Midde-Ooste.

  • In talle voordragte het verskeie state se verteenwoordigers die sprekers probeer onderbreek om beswaar aan te teken teen die promovering van enige vorm van die versplintering van die betrokke staat waarin die minderhede hulle bevind en selfs ook waar minderhede verskillende vorme van vervolging teen die state genoem het.

Die promovering van afstigting kom gewoonlik voor by minderhede wat onder geweldige onderdrukking is.

State soos Suid-Afrika, Iran, Irak, Pakistan, Egipte, Saoedi-Arabië, Sjina, Indonesië, Venezuela, Bolivië, Rusland, en Kuba het gereeld die sprekers in die rede geval en onderbreek. Hul argument was dat òf onwaarhede verkondig word, òf dat die sprekers die versplintering van die state kan veroorsaak deur afstigting.

Interessant genoeg was state soos Amerika, Kanada, Oostenryk, Ierland, en Swede gekant teen die onderbrekings en het dit duidelik gestel dat minderhede se verteenwoordigers die geleentheid gegun moet word om hulself uit te druk omdat die state wel kans sou kry om daarop te reageer.

In hierdie verband moet veral Amerika uitgesonder word wat telkens die morele leierskap in die verband geneem het.

(Adv. Alberts het self aan die einde van sy toespraak ʼn pleidooi gelewer dat state nie minderheidsverteenwoordigers tydens hul toesprake moet onderbreek nie. Hy het gesê state moet verstaan dat selfbeskikking, intern en ekstern, afhangende van omstandighede, ʼn onderdeel is van internasionale menseregte en dat gerespekteer moet word.)

 

Hier volg die volledige voorlegging:

 

UNITED NATIONS

HUMAN RIGHTS COUNCIL

FORUM ON MINORITY ISSUES

Minorities in situations of humanitarian crises

Geneva Switzerland 24 & 25 November 2016

Presented by:

Advocate Anton Alberts – Freedom Front Plus South Africa

We hereby submit a brief country-specific analysis of the Afrikaner and other minorities in South Africa. We focus specifically on the early warning stage of preventing a crisis.

The Afrikaner and various other minorities, including the KhoiSan First Nation communities are experiencing increasing pressure from the government and related political parties. This pressure has taken on various forms in law and in practice and is known as “Transformation”. Transformation’s meaning is informed by the term “representivity” and in essence means that all civil and governmental institutions must represent the demographic status of the country, relegating minorities to the ‘tyranny of the majority’ in all social spheres. This means that minorities may never have majority representation even within their own institutions.

This is a carefully crafted and insidious logic disguised as a constitutional exception to Section 9 of the Constitution that guarantees equality. An exception may legally take place in order to ensure equity for those persons that were disadvantaged by unfair discrimination and it is upon this rule that the ANC-government has crafted its “Transformation” and “representivity”-logic that fundamentally undermines minority rights by turning the exception into the rule itself by virtue of legislative overreach.

This is evidenced by a whole spate of racial legislation – more so than the apartheid-regime - in the fields of labour, business, government procurement, and not least sport itself to name a few. This has led to new imbalances for minorities in the name of equity as these measures have over-reached its original constitutional purpose.

The following are examples of exclusion:

• No legislative or institutional mechanisms exist whereby minorities can govern over their own cultural assets and whereby their minority rights can be protected and developed in contravention of the prerequisites to prevent a humanitarian crisis ;

• Afrikaners are by law and other minorities by practice excluded from the labour and business markets. The imbalance is perpetuated by the fact that the government is continuing to implement affirmative action in the public service even though the demographic representation targets have been met. This is in contravention of the International Convention on the Elimination of All Forms of Racial Discrimination (see our report submitted in December 2014) ;

• The government forcing Afrikaans language schools to accept non-Afrikaans speaking learners which eventually leads to complete Anglicisation;

• A total of 1651 farm murders against Afrikaners from 1990 to 2013;

• The government’s political propaganda that spreads the misleading myth that white farmers stole all land from Blacks and that the KhoiSan do not deserve the First Nation title as the first land occupiers. Sufficient proof exists that land was bartered or bought after stringent negotiations stretching from 1652 to 1913 and that Black tribes were also responsible in the displacement of the KhoiSan First Nation;

• The ANC-government’s one-sided prosecution of white hate speech perpetrators, but its forbearance of senior politicians that actively propagate genocide against white minorities. (Reference Julius Malema, leader of the EFF political party, stating “We are not calling for the slaughter of white people‚ at least for now…”).

Therefore, we, the FREEDOM FRONT PLUS of South Africa, together with other registered South African participants -

Request this Forum on Minority Issues to share and adopt our concerns about this systemic exclusion and targeting of Afrikaners and other minorities – which, in the Statute of Rome, is referred to as an institutionalized regime of systematic oppression and domination by one racial group over any other racial group or groups; and

Recommend that the UN General Secretary initiates a full investigation in order to pressurize the SA government to put an end to these racially discriminating measures and to promote minority rights actively.

 

FREEDOM FRONT PLUS

SOUTH AFRICA

Adv Anton Alberts (Chairperson)

+ 27 82 391 3117 / 083 419 5403

 

 


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!