VF Plus speel sleutelrol in herstel van dienslewering in Gauteng

2022-01-13
Jaco Mulder

Die VF Plus in Gauteng is ná die November 2021-munisipale verkiesing gereed om ʼn deurslaggewende rol te speel in die herstelproses van dienslewering in elf munisipaliteite in die provinsie.

Die VF Plus is deel van veelparty-koalisies wat daarin kon slaag om die beheer in ses munisipaliteite, waarvan drie metrorade is, te kon oorneem. Die party se geledere is ook versterk in rade waar hy in die opposisiebanke sit om ʼn verskerpte oorsigrol te speel.

Die beginsel van veelparty-koalisies in samewerking met burgerregteorganisasies kan die tafel dek vir ʼn nuwe bedeling waar gemeenskappe ʼn groter mate van selfstandigheid en inspraak kan verkry om dan selfs ook as kollektief beheer van die Gauteng-regering te neem, waar die ANC sedert 2019 slegs ʼn meerderheid van een setel in die 73 setel-wetgewer kon behaal.

Die herstel en stabilisering van dienslewering in Gauteng as ekonomiese hartland van Suid-Afrika is noodsaaklik vir ʼn stabiele Suid-Afrikaanse ekonomie en die VF Plus sal met verteenwoordiging op plaaslike-, provinsiale-en nasionale vlak ʼn stabiele bydrae lewer in die vestigingsfase van koalisiepolitiek in Suid-Afrika.

 

 

JacoMulderGautengDiensleweringKoalisieregering

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!