VF Plus plaas druk op Emfuleni om ‘n persentasie van elektrisiteitsverkope aan instandhouding te bestee

2019-09-11
Gerda Senekal

Die VF Plus se voortgesette druk op die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit om 6% van sy jaarlikse elektrisiteitsverkope aan instandhouding van die elektrisiteit-netwerk te bestee, het vrugte afgewerp.

Die VF Plus het elke geleentheid gebruik om die stadsraad te versoek om aan NERSA se lisensievoorwaardes te voldoen. Die besluit is op die jongste raadsvergadering goedgekeur.

Volgens NERSA-wetgewing (Electricity Regulations Act 4 of 2006), was ie Emfuleni-munisipalitiet veronderstel om 6% van die jaarlikse elektrisiteitsverkope aan instandhouding van sy elektrisiteitsnetwerk te bestee. Die voorwaarde is die afgelope 5 jaar nie nagekom nie. ’n Jaarlikse bedrag van R96 miljoen is dus nie aan die instandhouding van die reeds verouderde elektriese netwerk bestee nie.

Duisende klagte oor kragonderbrekings deur die inwoners van Vanderbijlpark en Vereeniging, het NERSA genoop om die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (ELM) te versoek om met ’n “SMART” (specific, measurable, achievable, realistic, time bound) -aksie plan vorendag te kom.

ELM sal gou die aanbevole persentasie geld wat uit alle elektriese verkope ontvang is, aan instandhouding moet bestee om so die elektrisiteitsnetwerk te stabiliseer om kragonderbrekings te voorkom.

Indien ELM nie die regulasies nakom nie, sal NERSA die verhaling van 6% terugwerkend maak met die aanvraag vir verhoging van die tarief vir 2020. ELM het besluit om die begroting aan te pas om te voldoen aan die lisensievoorwaardes.

Die VF Plus sal bly opstaan teen wanadministrasie en veg vir die reg van betalende inwoners om betroubare elektriese toevoer te hê.


Kontaknommer: 076 616 2124

GerdaSenekalEmfuleni

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!