VF Plus moeg vir leë beloftes oor Polokwane-waterkrisis

2022-09-22
Marcelle Maritz

Die Polokwane-plaaslike munisipaliteit se leë beloftes oor die watertekorte kan nie langer geduld word nie en die VF Plus het vandag ʼn klag daaroor by die menseregtekomissie (MRK) ingedien.

Inwoners van Polokwane/Pietersburg gaan jare reeds gebuk onder onvoldoende watervoorsiening terwyl die ANC-beheerde munisipaliteit se beloftes om dié probleem reg te stel, geen vrugte afwerp nie.

Die burgemeester, John Mpe, erken dat daar interne sowel as operasionele kwessies is wat lei tot die munisipaliteit se onvermoë om water te voorsien.

Die VF Plus eis dat die MRK dringend ondersoek instel na hierdie skending van die inwoners se grondwetlike reg van toegang tot voldoende water.

Verskeie woonbuurte en gebiede in Pietersburg waar watervoorsiening sporadies is, is aan die MRK uitgewys.

Die VF Plus sal aanhou veg vir die inwoners van Polokwane se reg tot behoorlike dienslewering.

Polokwane verdien beter as die ANC. 

MarcelleMaritzMRKPolokwane-waterkrisis

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!