VF Plus-Limpopo vra ondersoek na dood van tweeling in Thabazimbi-provinsiale hospitaal

2020-01-29
Marcelle Maritz

Die VF Plus in Limpopo het die LUR van gesondheid, dr. Phophi Ramatuba, versoek om dringend ondersoek in te stel na die dood van 'n tweeling op 2 November 2019 in die Thabazimbi-provinsiale hospitaal.

Die ouers het die VF Plus genader om hulp ná die dood van die tweeling. Na bewering is die korrekte mediese prosedures nie gevolg nie en het dit gelei tot die tweeling se dood tydens die bevalling.

Volgens inligting wat aan die VF Plus verskaf is, is die moeder alleen gelaat tydens die geboorte en het die tweeling nog gelewe na sy geboorte geskenk het.

Die party het ook versoek dat die uitslag van die ondersoek bekend gemaak moet word en daar opgetree word teen die betrokke mediese personeel indien daar nalatig deur hulle opgetree is.

Die swak dienslewering deur provinsiale hospitale is onaanvaarbaar en voorspel niks goeds vir die implementering van die nuwe nasionale gesondheidsversekering (NGV) nie.


Kontaknommer: 066 024 4623

GesondheidMarcelleMaritzLimpopo

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!