VF Plus-Limpopo dring aan provinsiale regering moet ingryp met onwettig grondbesettings in Mookgophong (Naboomspruit)

2020-06-05
Marcelle Maritz

Die VF Plus het in ‘n brief aan Limpopo se LUR vir samewerkende regering, tradisionele aangeleenthede en nedersettings, mnr. Baisikopo Makamu, die versoek gerig dat die provinsiale regering dringend moet ingryp by onwettige grondbesetting in Moogkopong (Naboomspruit). 

Alhoewel die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit ‘n hofbevel bekom het om die onwettige besetting van grond en die vestiging van ‘n informele nedersetting stop te sit, gaan dit steeds voort.

Die grondbesetting lei tot ‘n afname in die waarde van inwoners van Moogkopong se eiendom, skade aan die omgewing en ‘n styging in misdaad. Die nedersettings het ook nie toegang tot munisipale dienste soos water, elektrisiteit en sanitasie nie.

Onwettige grondbesettings is nie beperk tot die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit nie en vind regoor die provinsie plaas. Dit plaas groter finansiële druk op munisipaliteite wat reeds spartel om bloot die basiese dienste aan inwoners te verskaf.

Die VF Plus dring daarop aan dat die provinsiale regering ‘n permanente oplossing vir onwettige grondbesettings in Limpopo vind.


Navrae: 066 024 4623

MarcelleMaritzLimpopoNaboomspruitMookgophongGrondbesettings

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!