VF Plus keur Emfuleni se finansiële jaarverslag af

2019-09-11
Gerda Senekal

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het tydens ’n algemene raadsvergadering weer gewys dat hy totaal onbevoeg is om die munisipaliteit te bestuur.

Die belangrikste item op die agenda, soos deur die Munisipale Stelselwet (Wet 32 van 2000) bepaal, verplig munisipaliteite om hul finansiële bevoegdheid en vorderingstate aan die raad voor te lê.

Die verslag is kort voor die vergadering aan opposisiepartye voorgelê sonder dat die nodige finansiële state aangeheg is. Daar kon dus geen bewyse gevind word dat die munisipaliteit in ’n beter finansiële posisie as ’n jaar gelede is nie.

Geen akkurate of meetbare inligting kan aan die oudit-komitee verskaf word nie wat weer swak bestuursvermoë beklemtoon.

Opposisiepartye was dus genoodsaak om die verslag teen te staan, maar die ANC het sy meerderheidstem gebruik om die onvolledige verslag goed te keur.

Dit is ironies dat die burgemeester, Gift Moerane, hom in sy toespraak sterk uitgespreek het oor reg en verkeerd. Tog keur hy ’n onvolledige verslag goed ten einde die munisipale wet na te kom.

Die Vryheidsfront Plus kon nie anders as om die verslag af te keur nie aangesien dit deurspek is van ongerymdhede, wetgewing wat nie nagekom is nie en swak administrasie.

 

Kontaknommer: 076 616 2124

GerdaSenekalEmfuleni

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!