Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus is vasbeslote om DNS-agterstande in Limpopo te laat aanspreek

Die VF Plus in Limpopo het ’n skrywe gerig aan die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. M.T. Hadebe, in 'n poging om dringend aandag te skenk aan die DNS-agterstande in Limpopo.

Die moord van twee jong mans van Musina, die 27-jarige Henrie Mans op 1 April en die 38-jarige Jaco Cilliers op 14 Julie, bly vir die families ’n groot hartseer omdat daar geen vordering met die sake is nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Daar is ook ‘n geval van veediefstal waar die karkaste by ‘n verdagte se woning gevind is. Sover bekend is daar nog nie teen die persoon opgetree nie.

Die VF Plus het navrae oor die stadige ondersoekwerk gedoen en van die ondersoekbeamptes het erken dat een van die hoofredes vir die vertragings ’n agterstand met DNS-verslae is.

Die VF Plus eis nou antwoorde by kommissaris Hadebe rondom die vertragings met DNS-verslae en watter maatreëls ingestel gaan word om iets aan die probleem te doen.

Sonder DNS-bewyse om oortreders met 'n toneel te verbind, kan die vervolgingsproses beswaarlik plaasvind.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op owerhede te plaas om toe te sien dat oortreders binne die wet vervolg word.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.