VF Plus is nuwe spelbreker in Gauteng

2020-09-02
Jaco Mulder

Die VF Plus is gereed om sy rol as sleutelspeler in die hoofstroompolitiek in Gauteng te verstewig na die 2021-plaaslike regeringsverkiesing.

Terwyl die ANC en EFF steier onder die juk van bewerings van korrupsie en DA-binnegevegte die party verlam en nuwe wegbreekpartye ontstaan, gaan die VF Plus voort om die belange van Suid-Afrikaners te dien.

In die huidige politieke-en ekonomiese klimaat in Gauteng, is die rol van ‘n stabiele opposisieparty en betroubare regeervennoot in veelparty-koalisies noodsaaklik. Die VF Plus het sedert sy stigting in 1994 saam met die dinamiese politieke landskap ontwikkel en ‘n volhoubare grondslag gevestig waarop voortgebou kan word.

Gauteng verkeer tans in ‘n krisis vanweë swak regering, staatskaping en korrupsie en moet die Covid-19-uitdaging vanuit ‘n verswakte posisie die hoof bied.

Dit is tyd dat die kieserspubliek nuut en realisties dink oor die toekoms en dat gemeenskappe beheer neem oor hul eie toekoms om die toenemende agteruitgang te stuit.

 

Navrae: 082 466 3786 / 062 391 1804

JacoMulderGautengEFFDAVerkiesing2021

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!