Ná volgehoue druk van die VF Plus in die Oos-Kaap op die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) se burgemeesterskomitee oor waterlekkasies in die metro, word die probleem nou daadwerklike aangespreek.
Daar is inspeksie gehou by probleempunte wat die VF Plus aangemeld het en van die lekkasies waar miljoene liter drinkwater verlore gegaan het, is reeds herstel.
Die Oos-Kaap, en veral die NMBM, het ‘n tekort aan water en die VF Plus het toenemende klagte van inwoners ontvang dat waterlekkasies nie aandag geniet of herstel word nie en die gevoel was dat inwoners weens die onbevoegdheid van die metro met waterbeperkings gestraf word.
Die VF Plus moedig steeds inwoners aan om druk op die metro uit te oefen deur waterlekkasies aan te meld en onophoudelik daarop aan te dring dat dit herstel word.
Die VF Plus in die Oos-Kaap is eens dat dit onaanvaarbaar is dat die laksheid en onbevoegdheid van die plaaslike metro die oorsaak is dat waterkrane droogloop en het homself daartoe verbind om lekkasies wat aangemeld word by die metro, op te volg en die metro verantwoordelik te hou van enige vermorsing van water.
Die VF Plus sal in belang van alle inwoners van die metro aanhou om met alles in sy vermoë te veg teen swak dienslewering.
Kontaknommer: 072 582 3461