VF Plus en Mbalula inspekteer vordering met herstel van N12 in Noordwes

2022-06-23
Michal Groenewald

Hierdie besoek volg op die VF Plus se versoek om ingryping aan die minister in Maart vanjaar.

Die VF Plus het toe uitgewys dat dringende herstelwerk aan hierdie hoofroete in Potchefstroom, Klerksdorp en Wolmaransstad gedoen moet word. Die pad was besig om plek-plek te disintegreer.

Dorpe op die roete ondervind ‘n geruime tyd reeds groot ekonomiese agteruitgang weens swaar voertuie en motoriste wat die roete begin vermy het.

Plaaslike ondernemings en die landbougemeenskap het ook toenemend gesukkel om hul produkte sonder skade by afsetpunte te kry.

Daar is reeds goeie vordering gemaak met die herstel van die pad. Die VF Plus het die minister bedank dat hy gehoor gegee het aan die VF Plus se versoeke om die pad te herstel.

Die VF Plus sal die vordering van die herstelprojek in al drie dorpe bly monitor om te verseker dat die pad suksesvol herstel word.

Die party sal ook voortgaan om hom te beywer vir volhoubare oplossings vir die instandhouding van infrastruktuur tot voordeel van die land se inwoners.

PotchefstroomN12pad

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!