Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus eis antwoorde na Douglasdale-video

Die VF Plus in Gauteng het ‘n dringende skrywe aan die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, me. Faith Mazibuko, die Johannesburgse metropolisiehoof, David Temba, Johannesburgse burgemeester Herman Mashaba en die burgemeesters-komiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Michael Sun, gerig na ‘n ontstellende video van ‘n jongvrou wat in die Douglasdale-polisiekantoor deur ‘n metropolisiebeampte vasgedruk word terwyl iemand besig is om ‘n bloedmonster te neem. 

Die VF Plus wil in die brief aan die betrokkenes weet of die regte prosedures by die Douglasdale-polisiekantoor gevolg is en of die bepaalde beampte en sy helper hulle aan ‘n misdryf skuldig gemaak het.

In die video wat soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei, kan duidelik gesien word hoe ‘n onbekende vrou vasgedruk word terwyl bloed uit haar arm getrek word. Sy verkeer duidelik in pyn en skree om hulp.

Verder in die video is ‘n jongman, wat buite die polisiekantoorgebou staan, besig om ‘n video met sy selfoon deur ‘n venster van die gebeure te neem. Hy word telkens weggejaag en gestamp.

Die VF Plus wil die volgende vasstel:

• Wat het aanleiding tot die gebeure gegee?
• Het die vrou ‘n asemtoets gehad?
• Is enige misdrywe deur die polisiebeamptes gepleeg en wat is die gevolge?
• Waarom word die vrou vasgedruk om bloed te trek? Wat is die normale prosedure?
• Wat is die mandaat van die Johannesburgse metropolisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens in sulke omstandighede?

Die VF Plus sal later vandeesweek ook die aangeleentheid onder die aandag van die gemeenskapsveiligheidskomitee van die Gautengse wetgewer bring.

Die VF Plus in Gauteng vra die slagoffers van die voorval om met die party kontak te maak op help@vfplus.org.za of 012 665-0564.

Kobus Hoffman
071 640 7283

Franco de Lange
082 358 3882

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.